Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, February 3, 2013

Kind ’n nag in sel

2013-02-02 23:26

Cherise Niemann. | Foto: Cornél van Heerden
 
Vania van der Heever in Nelspruit

Al waaraan Charlie Niemann (29) kon dink toe sy driejarige dogtertjie kaalvoet en in haar pajamas saam met hom in die polisiesel geboender is, was om haar te beskerm teen die dronk aangehoudenes in die aangrensende selle.

Tot die volgende oggend vyfuur het Niemann, van Hazyview in Mpumalanga, oor klein Cherise in die yskoue sel gewaak.

Hy het haar eers in sy arms beskerm en toe later reg langs haar op die betonvloer aan die slaap geraak.

Die nagmerrie het begin toe Niemann Sondagaand 6 Januarie ná ’n paar biere met Cherise in sy bakkie kafee toe gery het om vir haar melk en vir hom sigarette te gaan koop. Reg voor die kafee, net ’n kilometer van sy huis, is hy in ’n padversperring vir dronkbestuur aangekeer.

Niemann hou vol hy was nie dronk nie en het vroeër die aand net twee biere gedrink toe vriende by hom kom kuier het.

“Ons vriende het huis toe gegaan en toe huil Cherise vir melk. Sy wou saam met my kafee toe ry.”

Die polisielede het die kleuter saam polisiekantoor toe geneem en glo geweier om haar huis toe te neem of hom toe te laat om iemand te bel.

Hulle het sy selfoon gevat omdat hy daarmee foto’s en video’s geneem het van ’n huilende Cherise by die selle.

Niemann beweer die polisie­lede het sy bloed voor die kind getrek.

“Hulle het nie die naalde voor my oopgemaak nie en het twee keer my aar misgesteek.

“Dit was verskriklik. My kind was histeries. Die beamptes was onmenslik. Hulle het selfs geweier om vir haar water te gee.

“Toe ons daar aankom en Cherise huil, het een gedreig om haar in ’n sel te gooi as ek haar nie stilkry nie.

“Ons is toe na ’n yskoue sel geneem. My kind het net ’n dun nagrokkie aangehad. Sy moes op die koue beton lê omdat hulle nie vir haar ’n kombers wou gee nie. Ek het gevrees vir ons lewe. Daar was ander oproerige mans in die selle om ons.”

Niemann het intussen ’n klag teen die polisie by die onafhanklike klagtedirektoraat ingedien. Hy verskyn in Julie in die hof vir dronkbestuur.

Stephanie Niemann (30), wat die egpaar se tweede kind verwag, sê sy het die ergste verwag toe die twee nie van die kafee af terugkom nie.

“Ons het Cherise by ’n berader en dit gaan beter. Sy is egter bang vir polisiebeamptes. Wanneer sy ’n polisievoertuig sien, soek sy haar pa en begin histeries huil.”

Kol. Mfundisa Makamu, stasiekommissaris van Hazyview, het by navraag gesê hy gaan die voorval ondersoek omdat hy moeg is vir onreëlmatighede by dié polisiekantoor.

“Dit is onwettig om ’n kind in die polisieselle te sit,” het hy ­gesê.

Saturday, February 2, 2013

1 in 4 Swedish Women Will Be Raped as Sexual Assaults Increase 500%


Sweden has imported huge numbers of Muslim immigrants with catastrophic effect.
File:Flag of Sweden.svg
Sweden’s population grew from 9 million to 9.5 million in the years 2004-2012, mainly due to immigration from “countries like Afghanistan, Iraq and Somalia”. 16 percent of all newborns have mothers born in non-Western countries. Employment rate among immigrants: 54 percent.
Sweden now has the second highest number of rapes in the world, after South Africa, which at 53.2 per 100,000 is six times higher than the United States. Statistics now suggest that 1 out of every 4 Swedish women will be raped.
In 2003, Sweden’s rape statistics were higher than average at 9.24, but in 2005 they shot up to 36.8 and by 2008 were up to 53.2. Now they are almost certainly even higher as Muslim immigrants continue forming a larger percentage of the population.
With Muslims represented in as many as 77 percent of the rape cases and a major increase in rape cases paralleling a major increase in Muslim immigration, the wages of Muslim immigration are proving to be a sexual assault epidemic by a misogynistic ideology.
The statistics are skewed by urban centers where the Islamic colonists cluster. In Stockholm this summer there was an average of 5 rapes a day. Stockholm has gone from a Swedish city to a city that is one-third immigrant and is between a fifth and a quarter Muslim.
Sweden, like the rest of the West, will have to come to terms with the fact that it can either have female equality or Muslim immigration. It cannot have both.

http://frontpagemag.com/2013/dgreenfield/1-in-4-swedish-women-will-be-raped-as-sexual-assaults-increase-500/

Verwoerd name change: DA condemns FF Plus

2013-02-02 19:03
Hendrik Verwoerd (File: AFP)
Hendrik Verwoerd (File: AFP)
 
Johannesburg - The Democratic Alliance on Saturday condemned the Freedom Front Plus over its criticism regarding the name change of Dr Verwoerd Primary School in Meyerton.

"The attitude of the Freedom Front flies in the face of everything South Africans are trying to do, to overcome the legacy of apartheid and build a rainbow nation," the DA's Gauteng leader John Moodey said.

"The DA applauds the leadership of [Midvaal municipal] mayor Timothy Nast and the parents of Meyerton Laerskool in this process."

He said renaming the school in Meyerton that carried the name of apartheid architect Hendrik Verwoerd was a move towards nation building. The important factor was that parents were consulted and 88% of them agreed to the decision.

On Friday, FF Plus said the move to change the name was all about political correctness.

FF Plus leader in the province Jaco Mulder said the mayor forced parents and the school governing body on short notice to agree to his "one-sided party-political message" of re-naming the school.

Personal political agenda

The DA's action was a bid to strengthen their support among black voters, said Mulder.

"The fact that Dr Verwoerd won the parliamentary election in 1958 as MP for Heidelberg with Meyerton as part of the ward... and that the first public event that Verwoerd attended as prime minister had been in Meyerton and was attended by approximately 80 000 people, are being disregarded by the actions of the DA."

Nast said Mulder had a personal political agenda.

"I am not in a position to force parents and the school governing body to change the name of a school. I was asked for an opinion on the matter by the school."

According to Nast, about 88% of the parents voted to have Dr Verwoerd Primary School's name changed, and he only agreed with them on the issue.
- SAPA

Wednesday, January 30, 2013

Geldkrisis knou Zim

2013-01-30 09:36
Harare – Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies, het Dinsdag gesê nadat staatswerkers se salarisse verlede week betaal is, is daar nou $217 (sowat R1 962) oor in die regering se koffers.

Biti het in die hoofstad aan joernaliste gesê sommige ministers bankbalanse lyk aantrekliker as dié van die regering.

"Die regering se geldsake is op die oomblik in 'n verlamde toestand. Ons haal nie ons teikens nie."

Zimbabwe se ekonomie was by die draai van die millennium in vrye val nadat pres. Robert Mugabe plase in wit besit onteien het. Dít het beleggersvertroue in die land verwoes, produksie lamgelê, sanksies teweeggebring en toeriste afgeskrik.

Ná meer as 'n dekade – waartydens die land onder hiperinflasie van 231 000 000% gely en infrastruktuur verval het – is die situasie nou meer stabiel. Openbare finansies is egter steeds 'n gemors en plaaslike ondernemings gaan gebuk onder onstabiele elektrisiteitsvoorsiening, 'n gebrek aan likiditeit en hoë arbeidskostes.

Zimbabwe se regering het gewaarsku dat hy nie genoeg geld het om 'n grondwetlike referendum en verkiesings, wat na verwagting vanjaar gehou gaan word, te befonds nie.

Biti het gesê die land sal nou skenkers moet nader om geldelike hulp.

"Ons sal die internasionale gemeenskap nader."

Die land se verkiesingsagentskap het gesê hy benodig $104 miljoen (sowat R940 miljoen) om die verkiesing te reël.

Die regering se nasionale begroting vir die jaar staan op $3,8 miljard en die ekonomie sal na verwagting met 5% groei.

Die mineraalryke land gebruik nou die Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand.
- Sapa - AFP

http://afrikaans.news24.com/Sake/Nuus/Geldkrisis-knou-Zim-20130130

Koninklike konkel

January 30, 2013


Die nuutste groot swart gat wat in die Verenigde Koninkryke van Suid Afrika ontdek is, is die koninklikes. Snaaks hoe Pommieland se koninklikes nie kan waag om eers ‘n bietjie te ontklee in die publiek saam met ander mense in die teenwoordigheid van fotograwe nie, dan is dit ‘n skandaal. Dan verskyn dit op elke voorblad en word jy oor oumie se skoot getrek en oorgegee aan haar kefrotte om elkeen vir ‘n halfuur aan ‘n haakskeensening te kou voor jy weer kan teruggaan weermag toe om met die vlugnabootser te speel.
In Suid- Afrika loop al wat ‘n koninklike is halfnaak rond, veral in die openbaar, tussen ander mense en waar fotograwe is asof hulle êrens gehoor het dat leeruitrustings baie wellustig-aanloklik is, maar nie besef het dat dieselfde effek nie verkry word as die leer nog springbokhare aan het en dit in klein lappies gedra word aan ‘n oorgewig, sweterige bejaarde zoeloe man nie. Ek sien al hoe koning Roosedoring na een van sy harembewoners aangesweef kom en, terwyl sy grys kroesbaard in hare vassteek, in haar oor fluister: “Trek die springbokvel se stertjie en kyk wat gebeur!” Die rilling teen my ruggraat af en my skielike braaklustigheid is dalk ‘n teken dat ek my nie moet begeef op die terrein van romantiese Afrika-fiksie nie.
As ons dan kan terugsirkel na die punt bedoel ek net my verbasing uit te spreek daarmee dat ons konings nie dan op glanstydskrifte se voorblaaie verskyn nie (waarskynlik omdat hulle nog kopieë daarvan wil verkoop en klagtes by die ombudsman wil vermy), maar eerder reuse bedrae geld by die belastingbetaler kry! So verdwyn ons geld in die (spreekwoordelike!!!) swart gat in net om spandeer te word op sokkerwedstryde van die nasionale span waarvan die uitslae gekonkel moet word om net semi-kompeterend te kan voorkom in toernooie. Konings het ook ‘n groot verantwoordelikheid om te kommunikeer met die voëlvadergeeste en die dienste van Mariëtta en John Edwards is nie goedkoop nie!
Kortom dink ek daaraan om op die Majubafees van 22-24 Feb aan te kondig dat ek nou my dienste aanbied as koning van die Boere-Afrikaner volk. Ek hou immers daarvan om geld te spandeer en halfkaal in my huis rond te loop!
Tot volgende slag
Die Sweep

http://www.dievryburger.co.za/2013/01/koninklike-konkel/

Tuesday, January 29, 2013

SA skenk R90 miljoen aan Mali

2013-01-29 17:04
 
Johannesburg – Suid-Afrika het meer as R90 miljoen geskenk om geweld in Mali te bekamp, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Dinsdag gesê.

"Namens president Jacob Zuma, skenk die Republiek van Suid-Afrika $10 miljoen (meer as R90 miljoen) aan die Mali-fonds vir die versterking van polisiemagtem," het sy op 'n skenkerskonferensie in Addis Ababa, Ethiopië, gesê.

"Suid-Afrika voeg sy stem by dié van ons mede- Afrika-broers en -susters en die internasionale rolspelers om die geweld teen die mense van Mali te veroordeel."

Mapisa-Nqakula het gesê Suid-Afrika het ook noodleniging ter waarde van R122 miljoen aan die land gestuur.

Dít is behalwe die $55 miljoen (sowat R499 miljoen) wat die Afrika-unie geskenk het.

Die nuwe magte gaan probeer om die weermag in Mali teen Al-Kaïda-geaffilieerde groepe te ondersteun. Dié groepe het beheer geneem oor die noorde van die land.

Op 11 Januarie het Franse gewapende magte tot die konflik toegetree.

- SAPA

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-skenk-R90-miljoen-aan-Mali-20130129

'Num het wapens aan lede verskaf'

2013-01-29 18:00
Rustenburg – Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging oorhandig het.

Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor die gebeure wat hom op 11 Augustus afgespeel het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se kantoor by die platinum-myn aan te val.

Karl Tip, wat die vakbond verteenwoordig, het hom gevra of NUM gewoonlik wapens by die kantoor aanhou. Gegeleza het “nee” geantwoord.

Gegeleza sê NUM se vakbondverteenwoordigers het die wapens by stakende mynwerkers gekonfiskeer.

Hy sê een van die vakbond se tak-sekretarisse, Daluvuyo Bongo, het die wapens uitgedeel omdat hy gehoor het ‘n groep stakers was op pad om die kantoor af te brand.

“’n Knopkierie en ‘n spies is aan my oorhandig.”

Gegeleza het verduidelik hoe ‘n groot groep stakers die kantoor genader het. Hulle het klippe gegooi en geskree: “Hier is hierdie honde.”

“Hulle was so aggressief...” het hy getuig.

Gegeleza het bygevoeg dat die stakers stokke, kopkieries, pangas en spiese by hul gehad het.

“Ek was bang, maar ek wou my lewe beskerm, asook NUM se kantore.”

Hy het vertel hoe geweerskote skielik afgevuur is. Hy het nie geweet wie die sneller getrek het nie.

“Ons het hulle gejaag, waarna hulle na die hostel gehardloop het.”

Gegeleza sê hulle het die stakers agternagesit om te keer dat hulle nog ‘n aanval beplan.

Hy het getuig het hy eers op 2 Oktober – tydens die kommissie se inspeksie – uitgevind dat twee stakers daardie dag gesterf het.

Volgens hom het hy nooit die oorledenes gesien nie.

Hy het getuig voor die kommissie wat 44 mense se sterftes by die myn in Augustus verlede jaar ondersoek.

- SAPA

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Num-het-wapens-aan-lede-verskaf-20130129