joané van der Merwe en Helga van Staaden
Port Elizabeth. – ’n Vrou van Johannesburg wat vir oulaas langs die see wou gaan stap, is verkrag en ’n nag lank deur haar verkragter op die strand aangehou.
’n Bosslaper is in verband met die aanval in hegtenis geneem.
Die vrou (48) is laat Donderdagmiddag op Koningstrand oorval en verkrag.
Sy sou om 17:00 na Johannesburg terugvlieg en het vir oulaas op die strand gestap, kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vrou is met ’n mes aangeval en beroof.
Sy is naby die hawemuur verkrag en het die nag onder dwang saam met die verkragter op die strand deurgebring.
“Die polisie het op die 52-jarige man afgekom toe hy met die vrou se tas naby Koningstrand geloop het.
Hy is onmiddellik na die Humewood-polisiekantoor geneem vir ondervraging.
Die vrou se vliegtuigkaartjie, haar klere, medikasie en ander dokumente was in die tas.
Die polisie het Donderdagaand op haar verlate motor in die parkeergebied van die strand afgekom en met ’n helikopter en polisiehonde na die eienaar gesoek.
“’n Familielid het gesê sy sou terug Johannesburg toe vlieg. Ons het vasgestel dat sy nooit op die vlug was nie en dit is toe die gevaarligte begin flits het,” het Janse van Rensburg gesê.
“’n Drawwer het die vrou Vrydagoggend vroeg gevind. Sy is erg getraumatiseer, maar sy lewe.
“Sy is na die Dora Nginza-hospitaal geneem vir behandeling met onder meer antiretrovirale middels,” het Janse van Rensburg gesê.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-verkrag-toe-sy-vir-oulaas-op-strand-stap-20101212

No comments:
Post a Comment