Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, August 27, 2012

Credo Mutwa – groot geweld as Mandela sterf


Die gawe van profesie kry ons nie net onder God se profete nie, maar dit gebeur soms dat die Almagtige aan die heidene toekomstige gebeure deur drome of gesigte openbaar – sulke profesieë is byna sonder uitsondering as waarskuwing vir sy volk bedoel.
Dink maar aan die Farao van Egipte se droom oor die sewe vet jare en sewe maer jare, en dat die uiteinde daarvan tot voordeel van Jakob en sy familie was en hulle weer by Josef uitgebring het. Dan was daar die droomgesig van koning Nebukadnésar se reusebeeld waarin hy vier toekomstige koninkryke gesien het.
Ons lees ook in die Nuwe Testament dat die hoërpriester Kajafas, wat as voorsitter van die Sahedrin opgetree het, aan hulle geprofeteer het dat die Messias vir die volk sou sterwe.
Hier in Suid-Afrika is daar die heidense Zulu, Credo Mutwa, wat al wêreldwyd bekendheid verwerf het as ‘profeet’ of waarsêer.
Ons noem net enkele van sy voorspellings: In 1966 het hy in ‘n brief aan dr. Verwoerd laat weet hy ‘sien ‘n bajonet bokant sy kop hang’, en dat hy versigtig moet wees. Volgens ‘n koerantberig het dr. Verwoerd glo aan hom laat weet, dis nonsens, en dat net swartes met messe doodgemaak word. Kort daarna is Verwoerd in die parlement doodgesteek.
Vroeg in 1963 skryf hy ‘n gedig, The Bloodstained Flag, waarin hy voorspel dat pres. John F. Kennedy gewelddadig gaan sterf. Die voorspelling word op 22 November 1963 in Dallas, Texas, bewaarheid toe Kennedy in sy motor doodgeskiet word.
Gedurende Februarie 2009 skryf hy ‘n gedig wat ‘n soortgelyke einde vir Barak Obama in die vooruitsig stel. Hier is ‘n verkorte weergawe daarvan:
“You are Barack, oh, son born to deceive
“The suffering hoards of Africa look up to you,
“See a black saviour where nought but a Judas strides.
“An entrapper of nations, bringer of dismal war Behind the robes and the nylon wings of hope
“Oh, may those who look upon you, see you as you are.
“May those who hope in you behold you as you be
“A prince deceitful to bring down Africa’s shrines
“A siren who leads Africa’s ships onto rocks of obliteration.
“Your rule my lord will not be one of peace
“Your reign my king will not be one of smiles
“Even as we speak in caves both dark and dank.
“Enraged fanatics plot your dark demise
“They will put around your head a bloodwet martyr’s crown.
“Oh black Kennedy following the one before
“May God forgive thee and thy fiery spouse
“As you walk in silence from the stage of life…”
Op Dinsdag 14 Augustus 2012 het Credo Mutwa sy laaste onderhoud aan ‘n koerant, The Daily Sun, toegestaan en gesê hy is erg bekommerd oor geweld wat in Suid-Afrika gaan losbars – “…ek sien Mzansi (Suid-Afrika) brand!” was sy eerste woorde aan die verslaggewer. Dit was presies twee dae vóór die polisie 34 Lonmin-mynwerkers doodgeskiet het.
“Swart broer sal teen swart broer veg,” het hy gesê. “En diegene wat dit veroorsaak het, sal terugsit en glimlag … oorlog kan nie meer vermy word nie. Suid-Afrika sit op ‘n tydbom wat enige dag kan ontplof…”
Vroeër die maand (op 3 Augustus) het hy aan The New Age ‘n ernstige waarskuwing gerig oor die dag wanneer Mandela te sterwe kom, en onder andere die volgende gesê:
“Ons stuur af op ‘n oorlog onder onsself. As swart mense haat en verag ons mekaar. Ek is baie benoud, want die dinge sal gebeur na Mandela se dood – swart mense sal begin om mekaar dood te maak.
“Ek wens ek was liewer self dood…”
Na die onderhoud het hy ‘n boek, Voice of a Prophet (die Engelse vertaling van Boodskapper van God, uit sy boekrak gehaal en gesê: “Koop herdie boek, dit is geskryf deur ‘n blanke persoon en alles daarin is die waarheid!”
In een van sy vroeëre voorspellings het hy gesê dat die blankes weer in Suid-Afrika gaan regeer.

No comments:

Post a Comment