Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, August 26, 2012

'Dis my plig om in te meng' – Malema

2012-08-24 12:30
 
Johannesburg – Julius Malema, voormalige leier van die ANC se jeugliga, ontken dat hy tydens die Lonmin-mynwerkers se gedenkdiens op ‘n kruistog teen pres. Jacob Zuma was, het ‘n koerant berig.

“Ek kan nie terug sit terwyl my mense doodgemaak word en maak asof dit nie gebeur nie,” het Malema volgens Mail & Guardian gesê.

“Dit is my plig om in te meng en die verknorsing van diegene wat deur die staat misbruik word, bekend te maak. Daar is ‘n politieke vakuum en ons het daardie ruimte beset,” het hy gesê.

“As ons dit nie sou doen nie, sou die verkeerde elemente daardie ruimte ingeneem het. Ons het dit gevat terwyl die [ANC] leierskap binnenshuis was en met hulself gepraat het.”

Altesaam 34 mense is verlede week in ‘n skietery met polisiebeamptes, wat stakers uitmekaar wou jaag, by Lonmin se Marikana-myn afgemaai. Meer as 70 mense is beseer.

Malema het Donderdag gedurende ‘n gedenkdiens vir die mynwerkers, aan roubeklaers gesê die regering het niks vir die oorledenes gedoen nie.

“Onder demokrasie sal ons mense beskerm word, maar die regering het teen sy mense gedraai,” het Malema gesê.

Hy het lede van die regering daarvan aangekla dat hulle net die gedenkdiens bygewoon het, om vir nuuskameras te poseer.

Die interministeriële afvaardiging het uitgeloop toe die geskorste leier van die ANCYL sy toespraak gelewer het.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Dis-my-plig-om-in-te-meng-Malema-20120824

No comments:

Post a Comment