Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, August 24, 2012

SA kort 22 100 onnies

Alet Rademeyer

Die onderwysstelsel is in ’n krisis met vakante onderwyserposte wat van 10 846 in Januarie vanjaar tot 22 051 in Maart vermeerder het.

Annette Lovemore, DA-woordvoerder oor basiese onderwys, het gesê die totale gebrek aan ’n behoorlike stelsel om die vraag en aanbod van onderwysers nasionaal te bestuur, is skokkend.

Sy het gereageer op ’n verslag van die departement van basiese onderwys wat eergister voor die parlement se portefeuljekomitee vir basiese onderwys gedien het.

Volgens Lovemore is dit uiters kommerwekkend dat daar geen langtermynplan is om die beskikbaarheid van onderwysers te bestuur en die onderwysstelsel volhoubaar te maak nie.

Die verslag skets ’n droewige prentjie oor provinsiale departemente se onvermoë om menslike hulpbronbeplanning te doen en te beplan vir vakante poste weens aftrede, bedankings en sterftes van onderwysers.

In Januarie vanjaar het 70,5% van die 24 366 openbare skole geen vakante poste gehad nie. Die situasie het egter só versleg dat net 38% van skole in Maart nie vakante poste gehad het nie.

Weens die gebrek aan behoorlike beplanning rondom die vraag en aanbod van onderwysers, het die aantal personeellede in tydelike poste tussen Januarie en Maart van 8% (31 532) tot 12% (45 222) toegeneem.

Van die 45 222 tydelike onderwysers was net 41%, oftewel 18 472, gekwalifiseerd.

Die meeste ongekwalifiseerde tydelike onderwysers is in Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga.

Dit het uit die verslag ook geblyk dat die aantal vakante skoolhoofposte in die eerste drie maande landwyd van 1 273 tot 2 195 toegeneem het.

Die provinsies met die meeste vakante onderwyserposte einde Maart, was die Oos-Kaap (5 107), Gauteng (2 335), KwaZulu-Natal (2 936), Limpopo (3 197), Mpumalanga (3 738) en die Wes-Kaap (2 298).

Lovemore het ook verwys na die plasing van onderwysstudente wat met die staat se Funza Lushaka-beursskema studeer.

Dié skema het ten doel om goeie studente na die onderwys te lok weens ’n tekort van sowat 12 000 onderwysers per jaar.

Volgens statistiek is net 41% van studente binne die eerste drie maande geplaas, terwyl 59% van hul kontraktuele verpligtinge kwytgeskeld is.

Teen einde Mei vanjaar is 1?804 van die 2 283 beurshouers by skole geplaas.

Lovemore het gesê daar is geen kort-, medium- of langtermyn-strategie in plek om te verseker dat daar in elke klaskamer ’n gekwalifiseerde onderwyser is nie.
 

No comments:

Post a Comment