Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, August 28, 2012

Soewerein vry – niks minder!

Die Boere-Afrikaner het ’n strewe na vryheid. Nie kulturele vryheid van Afriforum of Solidariteit nie. Daardie vryheid waarvan hulle praat, is ’n vryheid wat met die Broedertjies se denke gepaar het. Dit is geskoei op die lees van De klerk se eie skole en woongebiede beloftes.
Die rasgemengde Vakbond se kulturele vryheid is geen vryheid nie. Dit is minstens slawerny onder die juk van die kommunis. Dit verskil geensins met dit wat die Progs in die jare 1955 bepleit net nie.
Die Boere-Afrikaner het sy Republikeinse demokrasie reeds geopenbaar met die eerste pogings soos by Swellendam en Graaf-Reinette openbaar is. Ons volk wou nog altyd weg bly van die juk wat ander volke op ons skof wou plaas. Nou is dit nie vreemd dat daar instansies is soos Solidariteit wat teen die soewereine onafhanklikheid gekant is nie. Hulle is maar te bewus daarvan dat die Boere-Afrikaner nie ’n vakbond liefhebber is nie, en dat daar in ’n volksrepubliek maar weinig spasie sal wees vir vakbonde.
Die Boere-Afrikaner se stryd is nie ’n stryd wat begin en eindig in sy kultuurwêreld nie. Daardie stryd is ook deel van die stryd, maar vorm ’n kleiner onderdeel van die ware stryd om in eie land, deur ons eie mense beheer en regeer te word. Waar daardie land is, is belangrik, maar dit is nie nou die strydpunt nie.
Voor ons ’n plek bepaal moet daar eers sekere aanvoor werk gedoen word. Die registrasie van kiesers op ’n volksregister is noodsaaklik. Die VVK het met bitter min tot sy beskikking, ’n reuse taak verrig en uiteindelik ’n verkose Volksraad daargestel. Die Boere-Afrikaner Volksraad is beklee met mag om die eerste stappe te neem om volksvryheid te herwin.
Aan die anderkant is daar momentum gegee aan die uitbouing van die Volkseie Ekonomie soos dit deur die Oranje Sake Instituut en sy geaffilieerde sakekamers begin is.
Op elke ander terrein van die volksakker word daar gewerk. Verskillende organisasies doen elkeen sy deel om ons volk gereed te kry om op ’n gegewe tydstip volkome vryheid te herwin.
Elke leser van Die Vryburger is deel van hierdie stryd. Met elkeen se betrokkenheid sal daar op ’n gegewe dag iets gebeur wat die deure sal laat oopswaai en hierdie volk weer sy vryheid sal herwin om dit nimmer weer af te staan nie.
Daardie dag wanneer die Vierkleur vlae van die twee ou Boere Republieke weer wapper oor die velde van ’n vrye Republiek sal ons saam sing:
Kent gij dat volk vol heldenmoed
En toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
Voor vrijheid en voor recht…….

http://www.dievryburger.co.za/2012/08/redaksioneel-soewerein-vry-niks-minder/

No comments:

Post a Comment