Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, September 23, 2012

Corrie Sanders sterf ná restaurant-roof

2012-09-23 08:08
 
Corrie Sanders. (Joyrene Kramer)
 
Johannesburg – Die voormalige swaargewig-bokskampioen Corrie Sanders is dood ná hy Saterdagaand in die maag gewond is tydens ’n gewapende roof buite Brits, het die weekblad Rapport berig.

Kallie Kriel, voorsitter van die burgerregte-organisasie AfriForum, was toevallig op dieselfde tyd by dié restaurant, Thatch Haven.

“Ons was op pad huis toe na ’n krieketwedstryd van my seun. Die kinders het ingehardloop gekom en gesê die skote het geklap en die koeëls het net bokant hulle koppe getref,” het Kriel volgens die koerant gesê.

Kriel het Sanders buite die restaurant op die grond aangetref.

“Die man was in baie pyn,” het hy gesê.

Ser. Kelebogile Moiloa, 'n polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar ’n skietery was en dat een man gewond is.

Sanders is na die Kala­fong-hospitaal buite Pretoria oorgeplaas omdat hy ernstig gewond is.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof teen drie verdagtes, maar niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie.

Rapport het Sondagoggend berig dat Saunders later beswyk het aan sy wonde.
 

No comments:

Post a Comment