Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, September 25, 2012

Die Boere-Afrikanervolk is nie die kleinste volk nie

September 25, 2012
Suid-Afrika se oppervlakte beslaan 1 221 000 vierkante kilometer en het amptelik volgens die statistiekdiens 50 586 751 burgers. Van die bykans 50 miljoen burgers is 23 181 997 stem geregtig. Dit beteken daar is 52,67 vierkante meter grond vir elke stem geregtige in Suid Afrika.
Die Boere-Afrikanervolksraad het ‘n mandaat van sowat 40 000 kiesers ontvang op 24 September 2011 om namens hulle ‘n eis om selfbeskikking in te stel. Dit sou beteken dat die volksraad namens hierdie kiesers om 2 106,81 vierkante kilometer grond kan aanspraak maak. Om dit in perspektief te stel, die groter Pretoria gebied is 1 644 vierkante kilometer groot en huisves 2 345 908 mense.
Wat state betref, het Monaco 35 986 burgers en is slegs 2 vierkante kilometer “groot”. Monaco is egter nie die kleinste onafhanklike staat nie, die Vatikaanstad wat minder as ‘n halwe vierkante kilometer groot is, is die kleinste. Daar is in werklikheid 69 onafhanklike state in die wêreld wat kleiner is as 2106,86 vierkante kilometer. Daar is ook 43 state in die wêreld met ‘n burgery van minder as 100 000.
Dit sal dus beteken dat die onafhanklike staat van die Boere-Afrikanervolk nie die kleinste sal wees nie en ook nie die kleinste bevolking sal he nie. Ook moet daar in ag geneem word dat 40 000 kiesers verteenwoordig n bevolking, of dan burgery van ongeveer 100 000 aangesien kiesers natuurlik ook minderjarige kinders het wat nie stem geregtig was tydens die verkiesing nie.
Hierdie bevolking is groter as die Boere bevolking van die ZAR tydens die ABO. En hulle het kans gesien om die magtigste Empire in die wêreld die stryd aan te sê!
Die Boere van die ZAR het egter eers die vreedsame diplomatieke pad gestap. ‘n Moeisame, tydrowende pad. Ook die nuut verkose Volksraad stap tans daardie vreedsame diplomatieke pad. Maar dit is onvermydelik.
Die eerste been van daardie pad is nou vir alle praktiese doeleindes afgehandel. Die ANC regime het deur hul stilswye te kenne gegee dat hul nie belangstel in ‘n vreedsame oplossing nie. Nou is dit in die hande van die internasionale gemeenskap om die saak te besleg deur druk op die regime te plaas. Vanuit Australië en Nederland was daar reeds oproepe om sanksies teen die regime te plaas en die internasionale kriminele hof in den Haag is tans besig om die Boere-Afrikaner se klag van volksmoord wat deur die Verkenners gele is, te ondersoek.
Die druk op die internasionale gemeenskap moet nou verhoog word, om druk op die regime te plaas. Die alternatief is internasionale bemiddeling.
Die Boere-Afrikaner is nou by Magersfontein. Nou moet daar koelkop gebly word. Nou moet daar geduld gebruik word.
Piet Poltlood

http://www.dievryburger.co.za/2012/09/die-boere-afrikanervolk-is-nie-die-kleinste-volk-nie/

No comments:

Post a Comment