Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, September 26, 2012

Malema-ondersteuners sing 'skiet Zuma'

2012-09-25 22:46
 
Johannesburg – ‘n Groep mense wat tydens ‘n nagwaak vir Julius Malema saamgekom het, het ‘n weergawe van “'dubula ibhunu” (skiet die boer) gesing waarin die lirieke in Zoeloe verander is na “skiet Zuma”.

Floyd Shivambu, die geskorste woordvoerder van die ANC-jeugliga, het ook Dinsdagaand by die Nirvana-gemeenskapsaal in Polokwane saamgekom om die nagwaak vir sy kollega by te woon.

Shivambu het buite die saal gestaan terwyl Malema-ondersteuners liedjies gesing het wat die spot dryf met Jacob Zuma.

Jongmense in die saal het ‘n Pedi-lied gesing, wat vertaal kan word na “stortman gee ons probleme... Malema, bid asseblief vir ons”.

Terwyl hulle gesing het, het hulle gebare met hul hande gemaak wat ‘n stortkop uitbeeld.

Teen 21:00 het geen busse nog opgedaag nie, maar die getal mense het stelselmatig begin toeneem.

Kyk hier na 'n video van die mense wat "skiet op Zuma" sing.



http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-ondersteuners-sing-skiet-Zuma-by-nagwaak-20120925

No comments:

Post a Comment