Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 28, 2012

Plaasmoord is vir ANC nietig

Deur: Gert Coetzee2012-09-26 23:01
ONS leef in ’n land waar jy kerk toe gaan en as jy tuis kom, word jy ingewag en met byle doodgekap.
’n Land waar jy vir die aand saam met jou mense gaan uiteet en dan in die restaurant deur rowers doodgeskiet word.
Waar jy in jou bed kan wakker skrik met gewapenes in jou slaapkamer wat jou met knopkieries, messe en pistole aanval, jou huis beroof en jou dan met hondekettings vasbind. Waar ’n tweejarige dogtertjie teregstellingstyl doodgeskiet word deur die plaasaanvallers wat haar ouers vermoor het, sodat sy hulle nie as ’n ooggetuie kan uitwys nie.
In ’n land waar die sekretaris-generaal van die bewindsparty woedend reageer op ’n vraag of die regering genoeg doen om landelike veiligheid te verseker.
Waar die woordvoerder van internasionale betrekking by navraag sê die regering steur hom nie aan sanksie-pleidooie teen Suid-Afrika weens die gruwelike plaasmoorde hier nie.
“Daar is geen styging in plaasmoorde nie. Misdaadstatistieke toon ’n afname in plaasmoorde,” sê ene Clayson Monyela uit New York aan Volksblad.
Só stel Monyela sy onkunde ten toon.
Of is dit dat hy nie omgee nie? Dit sou strook met die ANC-regering, waarvan hy ’n hoogsbetaalde mondstuk is, se ingesteldheid dat daar eintlik nie iets soos plaasmoorde is nie, omdat dit dan nie van ander moord sou verskil nie.
Dan beweer Monyela ook die Belgiese politikus Philip Claeys weet nie wat in Suid-Afrika aangaan nie. Vir Monyela se aandag: Die regering se misdaadstatistieke wat verlede week bekend gestel is, maak nie voorsiening vir plaasmoord nie.
Bowendien is die statistieke net ’n stel syfers wat die ANC-regering voorhou om voor te gee misdaad in die land daal.
Lies, damned lies and statistics...
Die beskikbare plaasmoordsyfer kom nie van die regering nie, maar van landbou-organisasies en ander wat omgee.
Die Instituut vir Sekerheidstudies bereken dat byna 32 uit elke 100000 Suid-Afrikaners in 2010-’11 vermoor is – sowat vier en ’n halwe keer meer as die internasionale gemiddelde moordsyfer (nagenoeg per 100000). Dit sit die Suid-Afrikaanse plaasmoordsyfer in perspektief: 99 per 100000 boere word vermoor, sowat 14 keer meer as die internasionale gemiddelde syfer.
Verstaan tog dat die ANC-regering nie tyd aan ’n nietigheid soos plaasmoorde kan afstaan nie. Dat sy provinsiale premiers, ook in die Vrystaat, hulle nie eens verwerdig om kennis te te neem daarvan as ’n plaasmoord gepleeg is nie. Al ruk ’n gemeenskap saam daarteen op, soos verlede week op Trompsburg.
Die ANC het soveel belangriker sake wat sy aandag verg. Veralmetdie Mangaung2012-leiersverkiesing se groot geskarrel om toe te sien dat jy jou steun aan die regte kandidaat toesê.
Nie “reg” soos in bekwaam, aanspreeklik en betroubaar nie. Maar “reg” in die opsig dat as hy as president (her)aangewys word en jy’t hom gesteun, plavei dit ook jou paadjie na die krip toe.
To hitch your wagon to someone’s star, lui ’n Engelse gesegde.
As deel van die groot uitskuddery het Julius Malema gister in die Polokwane-hof verskyn. Sy groot sonde? Nie geldwassery, bedrog of korrupsie nie.
In die ANC kan jy immers hiermee wegkom...Raak net president.
Malema se groot sonde is dat hy in onguns verval het by die man vir wie hy eens “sou gesterf het”. Daardie man wat só aangedring het op sy eie dag in die hof. En so hard geveg het om dit te vermy.
Die ANC het dus ander prioriteite as plaasmoord en geweldsmisdaad.
Vertel dit vir die egpaar Fourie van Trompsburg; vir Corrie Sanders; vir die gesin Potgieter en hul dogtertjie, Wilmien, van Clocolan; vir die egpaar Kruger van Dewetsdorp; vir die oud-atleet Karen Wilkinson. En dis net die afgelope twee weke.
Volksblad

http://m.news24.com/volksblad/Rubrieke/GertCoetzee/Plaasmoord-is-vir-ANC-nietig-20120926

No comments:

Post a Comment