Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 28, 2012

Raadslede van SAA bedank

2012-09-28 09:35
 
Johannesburg – Agt raadslede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) het bedank.

Cheryl Carolus, voorsitter van SAA se raad, sê sy het geen ander opsie as om uit te tree, gehad nie.

Die SABC berig Carolus en agt van die 14 lede van die raad het bedank. Hul bedankings kom nadat Russell Loubser, voormalige uitvoerende hoof van die JSE en ‘n lid van SAA se raad, ook uitgetree het.

Carolus sê sy respekteer die lugredery, die regering en die land, maar dat die situasie rondom die raad heeltemal onhoudbaar geraak het.

“Ons reputasie en professionele integriteit is deur die modder gesleep sonder enige verduideliking of ondersteuning van aandeelhouers.”

Intussen het die departement van openbare ondernemings gesê hy is nie bewus van die raadslede se bedankings nie.
 

No comments:

Post a Comment