Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 22, 2012

Regering verwag groot stygings

Deur: Jan-Jan Joubert2012-09-22 05:55


KAAPSTAD. – Die regering gaan ingryp om die invloed van die verwagte kwaai wêreldwye styging in die koste van vleis- en graanprodukte op Suid-Afrikaanse verbruikers te verminder.
Die ongekende droogte in die Amerikaanse midwestelike state – in die voertaal bekend as die broodmandjie – sal na verwagting die kleinste opbrengs in dekades oplewer uit dié streek, wat van die wêreld se vrugbaarste landbougrond bevat.
Dit sal na verwagting, onder meer deur die domino-effek dat kos van elders bekom sal moet word vir die reusagtige Amerikaanse mark, tot gevolg hê dat voedselpryse wêreldwyd skerp sal styg, veral waar graan en vleis betrokke is.
Ronald Ramabulana, Suid-Afrikaanse regeringswoordvoerder, het gister op ’n mediakonferensie gesê die kabinet is Woensdag op sy gewone tweeweeklikse vergadering voorgelig oor verwagte toekomstendense in voedselpryse.
’n Nuwe interministeriële taakspan oor voedselsekerheid is in die lewe geroep om met voorstelle vorendag te kom.
Die land se bestaande geïntegreerde voedselstrategie sal onder meer aangepas word, veral betreffende die hantering van prysstygings.
Die grootste vrees is dat arm Suid-Afrikaners aan die pen kan ry as hulle gewoon nie meer vleis of graanprodukte te ete kry omdat hulle dit nie kan bekostig nie.
Een van die ingrypings wat oorweeg word, is om die skoolvoedingsprogram uit te brei sodat die armstes ook in vakansietye gevoed word.
Voedselbanke vir armes is nog ’n voorstel wat reeds aan die hand gegee is, het Ramabulana gesê.
Verdere besonderhede sal mettertyd deur die interministeriële taakspan aangekondig word.
Volksblad

http://m.news24.com/volksblad/Suid-Afrika/Nuus/Regering-verwag-groot-stygings-20120921

1 comment:

  1. 'n Baie edel voorstel wat hier gemaak word deur die geagte mnr. Ramabulana - kan hierdie 'uitgebreide'aksie van sorg van die kinders wat buite skool tye en wél in skoolvakansies, beoog word, ook deurgetrek word na blanke kinders wat as gevolg van die 'vryheidsstryd in plakkerskampe beland het? Sekerlik . . . en ek glo dit met my hele hart en siel, sal die gemelde aksie slegs op swart en miskien kleurling kinders van toepassing wees. Ek het maar net gewonder . . . kan iemand my dalk antwoord.

    ReplyDelete