Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 28, 2012

Zuma: SA stuur dalk soldate na Mali

2012-09-28 10:45
 

Parys – Suid-Afrika kan dalk soldate na Mali se noorde stuur om ‘n Wes-Afrika militêre mag, wat wag op goedkeuring van die Verenigde Nasies, te ondersteun.

Die militêre mag sal teen rebelle in Mali se noorde baklei wat beheer oor die deel van die land geneem het.

“As die VN ‘n besluit neem dink en nie sal ons moeilikheid hê om soldate oor te stuur om die probleem te help oplos nie,” het president Jacob Zuma aan France 24 gesê.

“Ons het al voorheen soldate aan Afrika-lande verskaf.”

Mali is Maart in chaos gedompel toe rebelle die presidensie omvergewerp het en beheer oor die noorde van die land geneem het.

Mali het die Verenigde Nasies by hul nasionale vergadering gevra om onmiddellik ‘n mandaat goed te keur wat internasionale magte sal toelaat om te help om die noorde van die land terug te wen.
 

No comments:

Post a Comment