Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, October 1, 2012

Plaasmoorde steeds nie getel

2012-10-01 13:25

Kaapstad – Nathi Mthethwa, minister van polisie, weier steeds om die verskynsel wat as plaasmoorde bekend geword het, te erken.

Landbouweekblad wou by die minister weet wat die nuutste syfer vir moorde op plase is nadat die land se jaarlikse misdaadstatistiek onlangs in die parlement bekend gemaak is.

Mthethwa sê daar was “nooit ‘n kategorie vir plaasmoorde nie” en ook nie syfers vir moorde in townships nie.

Kontakmisdaad (ook op plase), wat insluit moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, het met 3,5% gedaal. Dit het sedert 2004/’05 tot 2011/’12 met 35,5% gedaal.

Alhoewel kontakmisdaad landwyd gedaal het, was dit nie die geval in die Vrystaat, Limpopo en die Wes-Kaap nie.

No comments:

Post a Comment