
“Die feit dat die Premier erken dat daar toenemende misdaad in die gebied is, is positief. Daar is egter geen plan op die tafel om die probleem op te los nie”.
In die afgelope 6 maande was daar 8 plaasmoorde en 22 aanvalle op boere in die Brits omgewing. Dit sluit die aanvalle en rooftogte in nabygeleë gebiede, soos Beestekraal en Kameeldrift uit.
“Die skielike toename in grusame moorde en geweldadige aanvalle in die omgewing dui daarop, dat die Polisie nie gerat is om voorkomend teen misdaad op te tree nie. Dit blyk ook asof die polisie geen daadwerklike poging aanwend om die misdaadsituasie te takel nie. Brits en omgewing is ‘n slagveld."
"Die polisie se onbevoegdheid in die verband, skep die perfekte klimaat vir misdadigers”, sê Lourens.
No comments:
Post a Comment