Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, January 22, 2013

Buitelanders verkoop SA bates

Jan 22 2013 06:00
Mari Blumenthal

Pretoria. – Buitelanders onttrek al hoe meer geld aan die Suid-Afrikaanse aandele- én effektemark.

Buitelanders was verlede week netto verkopers van R3,77 miljard se aandele en R3,2 miljard se effekte, maar is vir die jaar tot nou steeds netto kopers van R1,7 miljard se effekte.

Vrydag was buitelanders netto verkopers van R3,63 miljard se effekte en net R42 miljoen se aandele, maar is vir die jaar tot nou netto verkopers van R1,23 miljard se aandele.

“Dit kan deel wees van die normale bewegings, maar uiteraard ontstaan die vraag of beleggers weer vertroue in ons ekonomie verloor,” sê John Cairns, valuta-ontleder van Rand Merchant Bank.

Die JSE se indeks van alle aandele het die week weer in die rooi begin en 0,44% laer op 39 990 punte gesluit.

Die nywerheidsindeks het die grootste loesing gekry en 1,15% laer gesluit.

Die rand het in ’n stadium tot R8,90 teenoor die dollar teruggesak en gisteraand vroeg teen R8,87 verhandel.

Cairns sê verlede week was die derde opeenvolgende week waarin die rand veld verloor het en dit kan nou maklik tot R9 verswak.

Michael Keenan, valuta-ontleder by Absa Capital, sê die rand is tot dusver vanjaar die geldeenheid wat die swakste vaar.

Keenan sê hoewel die rand op sy huidige vlak baie van die slegte nuus weerspieël, is dit steeds moontlik dat hy vandeesweek tot R9 kan verswak – veral as kapitaalvloei na die land weer versleg.

Die rentekoersaankondiging Donderdag sal die belangrikste faktor vir die rand wees, sê hy.

“Hoewel daar wyd verwag word dat die Reserwebank die rentekoers onveranderd gaan laat, kan die rand onder druk kom as die hoop op nog ’n rentekoersverlaging herleef.”

Keenan sê Suid-Afrika se onvermoë om kapitaal te lok, kan die rand op mediumtermyn knou weens die groot tekort op die lopende rekening.

Busisiwe Radebe, ’n ontleder in Nedbank se ekonomiese eenheid, het gister gesê die groot tekort op die lopende rekening beteken dat Suid-Afrika se ekonomiese groei al hoe afhankliker van kapitaal uit die buiteland raak.

Radebe het in die eenheid se ekonomiese vooruitsig vir vanjaar gesê die ekonomie is nou meer kwesbaar vir verandering in beleggersentiment en beleggers se siening van risiko.

“As sentiment wesenlik versleg, kan buitelanders meer geld aan die land onttrek en so groot druk op die rand plaas.”

http://www.sake24.com/Markte/Buitelanders-raak-ontslae-van-SA-aandele-20130122

No comments:

Post a Comment