Jeanne-Marie Versluis
Dit is ongrondwetlik en ongeldig om kinders tussen die
ouderdomme van 12 en 18 jaar in wetgewing te verbied om met mekaar vrywillige
seks te hê en mekaar te soen.
Dit is die slotsom van regter Pierre Rabie se uitspraak vanoggend in die Pretoriase hooggregshof toe hy die definise van seksuele penetrasie in die Strafregwysigingswet van 2007 ongrondwetlik en ongeldig verklaar het.
Rabie het bevind die definisie is ongrondwetlik en ongeldig omdat dit 'n kind tussen die ouderdom van 12 en 16 kriminaliseer wat 'n daad van vrywillige seksuele penetrasie uitvoer met 'n ander kind tussen 12 en 16 jaar.
Dit kriminaliseer ook 'n kind tussen 16 en 18 jaar wat 'n daad van instemmende seksuele penetrasie met 'n kind jonger as 16 uitvoer.
Die artikels in die wet wat dit omskryf, is ook ongeldig en ongrondwetlik omdat hulle 'n kind tussen 12 en 16 kriminaliseer weens 'n daad van instemmende seksuele ontering waar dié twee se ouderdom meer as twee jaar verskil.
Rabie het uitspraak gegee in 'n aansoek wat deur die Tebbybear Clinic for Abused Children en Rapcan (Resourses Aimed at the Prevention of Child Abuse and Neglect) teen die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) gebring is.
Rabie het die minster en die NDOV gelas om die applikante se koste van die aansoek te betaal.
Die uitspraak word nou verwys na die Konstitusionele hof om daaroor te besin.

Ek sou sê dat slegs 'n siek vark tot sulke besluitneming instaat kan wees. Is dit miskien omdat hy homself van tyd tot tyd skuldig maak aan soortgelyke vergrype? Mag die Vader in die Hemele met hom afreken voordat die skade selfs nog gedaan is. Amen.
ReplyDelete