Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 9, 2013

Verkeersbeampte 'hits geweld teen boere aan'

2013-01-09 10:59

Johannesburg – Die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap ondersoek ‘n senior verkeersbeampte omdat hy na bewerig ‘n sosiale netwerk gebruik het om geweld teen boere aan te hits.

CensorBugbear.org, wat beweer dat Afrikaners slagoffers van volksmoord is, het die beampte se uitlatings aangehaal.

“Ai, dit lyk my ons moet weer die AK47 optel hie in die f*kken Wes-Kaap. Ek is nou gatvol van die boere en die DA (sic),” het hy na bewering geskryf.

Die kommentaar het voortgeduur: “Die f*kken boere weet wie ons leiers is en nou word ons leiers getarget.”

Hy het bygevoeg dat die DA die Wes-Kaap ‘n provinsie vir “boere” wil maak.

Die betrokke munisipaliteit dek Bela Vista, Ceres, Tulbagh en Wolseley.

Die beampte se beweerde uitlatings kom te midde van spanning in Ceres se vrugtegebied, waar werkers oor hul lone staak.

Witzenberg se munisipale bestuurder, David Nasson, en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) ondersoek die klag wat teen die verkeersbeampte ingedien is.

Hy is nog nie amptelik aangekla nie en is steeds aan diens.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Verkeersbeampte-hits-geweld-teen-boere-aan-20130109

No comments:

Post a Comment