Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, August 31, 2012

Onderwys – nuwe stelsel broodnodig

Met onderwys in SA in ‘n ongekende krisis, lyk dit of groot denkspronge noodsaaklik is om die situasie te beredder.
Nie net die gehalte van onderwys in skole is besig om drasties agteruit te gaan nie, maar morele en maatskaplike verval in die samelewing vererger die situasie. Die aantal Matrieks in die land het vanaf 537 543 in 2010 gedaal na 496 090 in 2011 – ‘n daling van 8%. Erger nog, van die 923 463 kinders wat in 2000 Graad 1 begin skoolgaan het, het slegs 496 090, oftewel 38%, in 2011 Matriek geslaag.
Talle Matrikulante is akademies, funksioneel en geestelik ongeskik vir feitlik enige noemenswaardige werkplek. Funksionele ongeletterdheid het ‘n kritieke faktor geword.
In staatskole het skole met onderrigmedium Afrikaans drasties gedaal, terwyl blanke kinders en hul kultuur tot ‘n groot mate verswelg word in die swart massa.
Dit gaan nie oor rassisme nie, maar daaroor dat oor en oor bewys is dat kinders sonder kultuur en etniese identiteit ‘n verlore geslag is.
Verder verswarend is dat armoede onder blankes en spesifiek Afrikaners oorhand toegeneem het, met in Gauteng alleen sowat 80 blanke plakkerskampe.
Wat word van hierdie kinders?
Die CVO-skoolstelsel is ‘n goeie poging tot beredering, maar dit is bewys as baie duur om te onderhou, terwyl getalsgewys die stelsel na skatting kwalik 3% van Afrikaner-kinders in die land akkommodeer.
Terselfdertyd is dit so dat daar steeds uitnemende staatskole is, meesal voormalige Model C-skole. Hierdie skole het uitstekende blanke skoolhoofde, personeel en beheerliggame. Weereens gaan dit nie oor ras nie, want daar is ook uitstekende en toegewyde swart en bruin onderwysers, maar word verwys na die topskole in bv. Bloemfontein, Brandfort, Welkom, Kroonstad, Bethlehem, Pretoria en ander plekke in die land. Dit gaan dus oor feite.
Hierdie uitstaande skole is egter grootliks uitsonderlike gevalle, sg. “pockets of excellence”.
Hul ewe uitsonderlike eweknieë is private skole van gehalte, maar dié is bitterlik duur.
Die punt wat gemaak wil word, is dat dit lyk of, ter wille van ‘n geslag kinders wat die verantwoordelike, Christelike leiers van die land vir môre moet wees, die onderwysstelsel in die land sover doenlik losgemaak moet word van ANC-beheerde staatsonderwys.
Meer spesifiek, is die oproep vir ‘n nuwe stelsel van bekostigbare privaatskole van gehalte. Dit moet m.a.w. skole wees toegangklik vir laer-inkomstegroepe, skole wat behoeftegedrewe is t.o.v. kulturele vereistes en skole wat finansieël volhoubaar is.
Of sulke skole moontlik is sonder staatsubsidie, is die kernvraag. Of hoe om hierdie kwessie te akkommodeer?
Pas het die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) ‘n ooreenkoms aangegaan met die private onderwysgroep Curro om agt private skole oor die volgende sewe jaar in die land te vestig.
Die siening van Ditsem Vrystaat, wat fokus op die Afrikaner sonder diskriminasie teen ander identiteite, is dat verhoed moet word dat ‘n geslag Afrikanerkinders verlore gaan omrede onderwysstelsels in die land hulle gefaal het. Derhalwe is dit dringend noodsaaklik dat ‘n bekostigbare onderwysmodel van gehalte geskep word.
Hierdie model moet Afrikaans as onderrigmedium hê en moet gebaseer wees op die Christelike perspektief. Is so ‘n model haalbaar?
Of lê die oplossing eerder in gestruktureerde tuisonderrig van gehalte? Dalk gekoppel aan groepsaktiwiteite wat betref sport en buitemuurs?
Wat dink ons lesers?

No comments:

Post a Comment