23/08/12
· Redaksie
Van die Vrystaatse munisipaliteite wie se rekeninge by Eskom agterstallig is, sluit in Ngwathe (meer as R81 miljoen), Mafube (meer as R40 miljoen), Nala (meer as R27 miljoen), Moqhaka (meer as R22 miljoen), Dihlabeng (meer as R11 miljoen en Mangaung (bykans R2,5 miljoen). Dit blyk uit syfers wat Eskom na ‘n appèl aan mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersvereniging verskaf het. Opvallend omtrent die syfers is dat Centlec wat in 2009 die grootste enkele skuldenaar was, onverklaarbaar nie meer op die lys is nie. Kelder wys voorts daarop dat daar in 2009 altesaam 158 munisipaliteite op Eskom se lys was wat saam R147 miljoen geskuld het, maar tans skuld 46 munisipaliteite R389 miljoen. Ook opmerklik is dat volgens die lys Soweto sowat R3 miljard aan Eskom skuld – bykans 10 keer meer as al die ander munisipaliteite saam.http://www.ditsem.net/berig.php?id=697
No comments:
Post a Comment