Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 6, 2012

Al hoe meer wil die ruwe Suid-Afrika verlaat.

Ongeveer 25% van Suid-Afrikaners in die ouderdom tussen 18 en 35 verkies om in 'n ander land te gaan werk.
"Dit dui op die potensiaal vir 'n massiewe brein-drein in die toekoms. Die regering moet meer aandag aan die mening van jongmense skenk, aangesien hulle die toekomstige leiers is," het mnr. Butch Rice, 'n analis gesê.
Die navorsingsmaatskappy het 'n meningspeiling onder 4154 jong Suid-Afrikaners gedoen. Daaruit blyk dit dat Amerika die gewildste bestemming is met 44% .
Brittanje is die tweede gewildste met 12% en Australië derde met 9%.
'n Woordvoerder van die Republikeinse Vrouebeweging het aan Die Vryburger gesê dat die syfers skokkend is, maar dat daar begrip is vir die siening van jongmense.
Die rassistiese beleid van sogenaamde "regstellende aksie" en die volksmoord wat besig is om ons te vernietig, is voldoende rede om die land te verlaat, het sy gesê.
Die feit dat meer mense die land wil verlaat, word egter beperk met die wêreldwye ekonomiese insinking.
Die navorsing bewys ook dat Afriforum se poging om mense terug te lok na Suid-Afrika, klaaglik misluk het. Die terug lok aksie was klaarblyklik bedoel om hulle beleid uit te voer in samewerking met die ANC/SAKP regering "om die Nuwe Suid-Afrika te maak werk" aangesien hulle geen ideaal van volksvryheid het nie.

No comments:

Post a Comment