2012-08-30 21:47
Buks Viljoen
Buks Viljoen
Sowat 48 dragtige Drakensberger-stoetkoeie het die afgelope
maand weens honger en dors op die Athole-proefplaas van die Mpumalanga-regering
naby Ermelo gevrek.
Die diere is deel van ’n groot aantal stoetbeeste op die plaas wat vir ontluikende boere opsy gesit is.
Lede van die polisie se veediefstaleenheid en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gister op die proefplaas toegeslaan nadat hulle ingelig is oor die verwaarloosde beeste.
Binne sigafstand van die kantore en wooneenhede op die plaas het vyf dooie diere naby mekaar gelê.
’n Swaar reuk van verrottende vleis het oor die plaas gehang omdat talle karkasse net in ’n gat gegooi en nie verbrand is nie.
Op ’n ander plek dieper in die veld is nog drie erg ontbinde karkasse gevind.
Dele van fetusse kon in die ontbindende karkasse gesien word.
’n Paar beeste wat glo onlangs in ’n vleigebied in die modder beland en vasgesit het, is daar gelos om te vrek.
“Dit was skrikwekkend om dit te aanskou. ’n Mens kan nie glo watter marteling die diere moes deurgaan voordat hulle gevrek het nie,” het ’n ingeligte wat anoniem wil bly, gesê.
Die polisie het later ’n dragtige koei wat so verswak was dat sy nie kon opstaan nie in die veld gevind.
Die DBV het werkers van die plaas opdrag gegee om die dier water en voer te gee.
“Maar ek glo nie sy gaan die paal haal nie,” het die ingeligte gesê.
Werkers wat ondervra is, beweer hulle het al verskeie kere vergeefs by die proefplaas se bestuur gekla oor probleme met die diere se voeding.
Daar is glo nie meer geld beskikbaar om voer vir die diere te koop nie.
’n Groot deel van begroting van die proefplaas, wat tussen Ermelo en Amsterdam geleë is, is blykbaar twee jaar gelede vir die WB 2010-sokkertoernooi gebruik.
Die polisie en DBV ondersoek nou klagte van dieremishandeling.
Bheki Nyathikazi, woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, het gisteraand gesê hulle is nie bewus van die probleem nie.
“Daardie diere is wel vir ontluikende boere gekoop en die departement gaan dringend ’n ondersoek gelas.”
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Proefplaas-diere-vrek-20120830

Johannesburg - Around 48 pregnant Drakensberger cows were left to starve to death during the past month at the Mpumalanga government's farm Athole, near Ermelo, Beeld reported on Friday.
The animals were part of a herd of stud cattle on the farm, which has been set aside for developing farmers.
Members of the police's cattle theft unit, and the SPCA arrived on the farm on Thursday after they had been informed about the neglected animals.
Within viewing distance of the farm's offices and living quarters, there were five rotting carcasses on the ground, while at another location, several cows had become mired in a swampy area and been left to die.
"It was horrific to see. The animals must have suffered enormously before they died," an anonymous witness told Beeld.
When workers were questioned, they said they had tried in vain several times to speak to the farm's managers about the lack of cattle feed.
A large portion of the budget for the government farm, situated between Ermelo and Amsterdam, was allegedly used for the World Cup Soccer tournament in 2010, it was reported.
Bheki Nyathikazi, spokesperson for the provincial department of agriculture, told the paper on Thursday night that he had not been aware of the problem.
"The department will investigate," he said.
- SAPA
No comments:
Post a Comment