Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 3, 2012

Boere betrap brandstigter op heterdaad

Ná brande die afgelope naweek naby Bethlehem voorgekom het, het boere ‘n brandstigter op heterdaad betrap.

Verskeie veldbrande het die afgelope naweek in die distrik Bethlehem in die Oos-Vrystaat voorgekom. Boere wat besig was om een van dié brande Saterdagoggend (1 September 2012) omstreeks 04:00 te blus, het ’n brandstigter op heterdaad betrap. Hy is kort daarna deur die Polisie in hegtenis geneem.

Mnr. Malcolm Procter, adjunkdirekteur van bos- en veldbrandoorsig van die Vrystaatse departement van landbou, bosbou en visserye, sê dit is nog nie duidelik hoeveel hektaar in die slag gebly het en of die verdagte by ál die brande betrokke was nie.

Rouxville
Hewige veldbrande in die suide van die provinsie het sowat 10 500 ha veld in die distrik Rouxville verwoes. Procter sê hulle is nie bewus van enige veeverliese weens dié brande nie. Die statistiek vir brande tot dusver vanjaar in die provinsie staan op 201 000 ha wat afgebrand het.

Intussen berig News24.com drie kinders het Maandagoggend (3 September 2012) weens ’n brand in die distrik Dealesville gesterf. Mnr. Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, sê die brand het kort ná middernag ontstaan.

Reddingswerkers het die brand in die huis geblus en afgekom op die liggame van drie kinders tussen die ouderdomme 7 en 13 jaar wat doodgebrand het. Die voorval word deur die Polisie ondersoek.

http://www.landbou.com/nuus/boere-betrap-brandstigter-op-heterdaad

No comments:

Post a Comment