Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, October 16, 2012

25%-kans dat SA verval

Bloemfontein. – Daar was nog nooit so ’n groot behoefte aan gefokusde leierskap met groot integriteit in Suid-Afrika as juis nou nie.

Die menseslagting by Marikana het leierskap van gehalte en moed geverg. Wat dit onthul het, is ’n leierskapvakuum.

Dít was die sterk waarskuwing wat Brand Pretorius, voormalige uitvoerende hoof van McCarthy en een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde sakeleiers gerig het tydens sy jaarlikse lesing by die Universiteit van die Vrystaat (UV). Pretorius is ere-professor in ondernemingsbestuur aan die UV.

“Die gebeure by Marikana het littekens gelaat wat nie maklik sal genees nie. In plaas van om verantwoordbaar te wees, het sommige van ons leiers ons in die steek gelaat.”

Pretorius sê die gevolge hiervan is duidelik sigbaar: ’n verlies aan vertroue, grootskaalse arbeidsonrus, en ’n daling in die waarde van die rand en in buitelandse beleggers wat die risiko wil neem om hier te belê.

Clem Sunter, ekonomiese scenario-beplanner, deel Pretorius se kommer. Sunter het as gasspreker op AHI Bloemfontein se jaarlikse dinee opgemerk dat die ANC so gefokus is op die leierskapstryd in Mangaung dat wesenlike ekonomiese probleme nie aangepak word nie.

“Die land het nou ’n nuwe ronde Kodesa-samesprekings nodig – ’n ekonomiese Kodesa waar die sakesektor, die regering en georganiseerde arbeid ’n bloudruk kan uitwerk wat gestalte gee aan ekonomiese demokrasie.”

Sunter beveel ook ’n landbou-Kodesa aan, waar alle belanghebbendes deur onderhandeling ’n billike program vir die oordrag van grond kan uitwerk.

“Ek en my vennoot, Chantell Ilbury, het in 2008 ’n scenario-beplanning met Zanu-PF gedoen.

Ons wenkbroue het gelig toe ’n hoë amptenaar toegegee het dat die afneem van wit kommersiële boere se grond só rampspoedig vir ekonomiese groei was, dat dit nie eens verlangsaam het nie, maar onmiddellik botstil gaan staan het.

Dieselfde sal met Suid-Afrika gebeur, indien ons die kwessie nie op ’n regverdige wyse kan aanpak nie.”

Sunter sê Suid-Afrika het nou ’n kans van 1 uit 4 om tot ’n mislukte staat te verval en kans van 1 uit 2 om nie meer in die wêreld se topliga van ekonomieë te kan speel nie.

Sunter het gewaarsku dat dit net een toevallige gebeurtenis vereis vir Suid-Afrika om ’n soortgelyke revolusie aan die Arabiese Lente te hê.

“Wat nou gebeur in Rustenburg laat ons dink dat Marikana daardie toevallige gebeurtenis was. Daardie stakende mynwerkers het geen respek vir die unies, die regering of hul werkgewers nie. As hulle kragte met die werkloses sou saamsnoer, sal dit ons eie Arabiese Lente ontketen.”

http://www.sake24.com/Ekonomie/Net-een-vonkie-sal-SA-laat-ontplof-20121014

No comments:

Post a Comment