Vincent Masoga, woordvoerder van dié vakbond, het gesê Satawu het 'n aansoek by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingedien om die staking na hawes en spoorweë uit te brei.
Masoga het gesê die vakbond sal tydens Dinsdag se vergadering verder met werkgewers onderhandel.
Satawu vra 'n salarisverhoging van 12%, maar was bereid om 'n kompromie aan te gaan indien die werkgewers, insluitend die Padvragbestuursvereniging (RFEA) bereid is om dieselfde te doen.
"Ons is bereid om selfs 10% te aanvaar, maar die ouens sê niks," het Masoga gesê.
Die vakbonde wat betrokke is in die staking van vragmotorbestuurders het gesê die staking het Saterdag voortgeduur, maar hulle is hoopvol dat 'n ooreenkoms tydens vandeesweek se onderhandelings bereik sal word.
"Ons is positief dat ons dalk 'n oplossing sal kry, want daar is baie op die spel," het Dirk White van die Motor Transport Workers Union (MTWU) gesê.
"Die staking is nie oor politieke spel nie – mense kan hul werk verloor."
Die vakbonde wat betrokke is, is Satawu, die Professional Transport and Allied Workers' Union SA (PTAWU), die Transport and Allied Workers' Union of SA en MTWU.
Masoga het gesê die staking duur voort en dat hulle 'n kennisgewing van onderhandelings ontvang het.
"Ons sal altyd hoopvol wees," het hy gesê.
http://m.news24.com/nuus24/Suid-Afrika/Nuus/Staking-van-vragmotorbestuurders-kring-uit-20121008
No comments:
Post a Comment