Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, October 28, 2010

DIT SAL ALTYD WEES PIET RETIEF, PRETORIA , PIETERSBURG...

Elke keer wanneer die ANC ‘n Afrikanerstraat- dorps- of stadsnaam verander is die volk woedend, soos weer met Piet Retief wat nou glo emKhondo heet. En natuurlik laat dit ‘n mens se bloed kook omdat hulle, wat onwettig regeer, geen reg daartoe het nie. Maar ons moet ook die saak vanuit ‘n ander hoek bekyk om perspektief daaroor te kry ter wille van ons saak. Juis so, dat ons geestelik, emosioneel en fisies gereed sal staan wanneer die klok lui en ons hierdie land waarvan die wese nie verander het nie, vir die laaste keer terugvat.
Die hele naamsverandering-onding is ‘n magsvertoon deur die ANC wat ‘n mens laat dink aan ‘n vreemde hond wat op ‘n ander hond se terrein rondloop en sy blertse maak teen elke boomstam en graspol waar die eienaar se hond reeds sy eie kleim afgesteek het.
Dit is alles een groot blufspel want al is daar nou ‘n vreemde reuk behoort die hele terrein nog steeds nie aan die vreemde hond nie en kan al sy blertse nog nie maak dat enige van daardie boomstamme of graspolle aan hom behoort nie.  Sy besoek is ongeoorloof en selfs totaal ongewens en kan hy enige oomblik die skrik op die lyf gejaag word waarop hy inderhaas by die hek sal moet uitstorm omdat hy weet hy gaan opgefoeter word. Intussen verander die boom en gras ook nie in wese net omdat dit nou ‘n ander reuk het nie; die eikeboom word nie nou ‘n jakaranda nie, die kikoejoe-gras word nie nou skielik buffelgras nie. So bly Piet Retief en elke ander plek presies dít na wie hy aanvanklik vernoem is en kan geen onwettige regering iets daaraan verander nie al noem hulle dit ook wát.

Dis tyd dat ons besef  dat as ons almal bly praat van Piet Retief, Pretoria, Warmbad, Pietersburg en Verwoerdburgstad, en ons volstrek weier om hoegenaamd te praat van emKhondo, Tswhane, Bela-bela, Polokwane en Centurion, sal dit nie in die volksmond verander nie en sal die stank van die vreemde hond geen invloed hê nie, die boom sal nie eers skeef groei nie en die reuk is van korte duur.

Dit is bewonderenswaardig dat ons ‘n hele oorlog wil voer oor die naamsveranderinge, maar dat dit juis plaasvind om ons aandag af te lei van die ware slagveld mag ons nie miskyk nie. Hoe harder ons blaf oor die stank aan ons bome en grasse hoe minder sien ons die geleenthede raak om permanent van die vreemde hond ontslae te raak.

Ook kan ons dit nie bekostig om uitgeput te lê op sekondêre slagvelde wanneer die oomblik aanbreek om die groot slag op die hoofslagveld te slaan nie. Dis vreeslik lekker om elke naweek wanneer niemand kyk nie die ‘Polokwane’ op die N1 toe te plak met ‘n ‘Pietersburg’-bord maar drie dae later is dit weer verwyder en is al wat ons oor het ‘n gespog oor hoe lekker ons die ANC besig hou, maar eintlik is dit hulle wat ons besig hou en weghou van die werklike geveg.

Die Afrikanervolk kan gerus wees dat elke straat, dorps- en stadsnaam presies weer sal wees soos dit plegtig die eerste maal gedoop is, geen naamsverandering deur ‘n onwettige regering is wettig nie, so eenvoudig is dit. En wanneer hierdie land weer in die Boervolk se hande is sal daar hope praktiese werk wag soos paaie regmaak, munisipaliteitsdienste herstel en vele ander wat die ANC opgedons het, en so sal ons ook ons naamborde herstel.

Intussen moet ons onsself voorberei vir die finale slag wat gelewer moet word wanneer die Swartes aanmekaar spring; alle tekens dui daarop dat dit nie meer lank vermy kan word nie en dan moet ons regstaan nie net om onsself te verdedig nie maar reeds gereed met alles in plek en beplan om God se wonderwerk ten beste te benut. Dat dit uit Sy hand van onverdiende genade sal kom is daar geen twyfel oor nie, maar moenie energie op die verkeerde oorlogsveld verspil nie.
http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=2450%3Adit-altyd-wees-piet-retief-pretoria-pietersburg&catid=16%3Apolities&Itemid=185&lang=en

No comments:

Post a Comment