Amanda Roestoff
’n Man van Northcliff, in die noordweste van Johannesburg, is in die aanhoudingselle van die Florida-polisiekantoor in Roodepoort dood nadat hy glo deur die polisie aangerand is.
Mnr. Riaan Petrus Velloen (37), ’n tegnikus wat veiligheidskameras geïnstalleer het, is glo enkele ure tevore aangekeer omdat hy glo dronk op straat was.
Daar word beweer dat die twee beamptes wat Velloen in hegtenis geneem het, hom so aangerand het dat hy aan sy wonde beswyk het in die sel waar hy aangehou is om nugter te word.
Velloen is glo nie aangekla weens enige misdryf toe hy dood is nie.
Me. Ria Hogan (50), die ouma van Velloen se seun, Kevin Hogan (15), het gesê Velloen was nie ’n drinker nie.
“My dogter (wie se identiteit sy nie bekend wil maak nie) het Vrydagoggend ’n oproep van Riaan se suster ontvang. Daar is toe gesê hy (Riaan) is so geslaan voordat hy by die polisiestasie opgedaag en in die selle gesit is. Ons het geen idee waar hy gearresteer is nie,” het Hogan gesê.
Velloen was nie meer in ’n verhouding met die biologiese ma van sy kind nie.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig Velloen is in polisieaanhouding dood.
“’n Moorddossier is geopen om alle beweringe om die voorval te ondersoek.
“Sodra die uitslae van die lykskouing ontvang is, sal ons bepaal of hy (Velloen) aan natuurlike oorsake dood is of nie,” het Dlamini gesê.
Nie eens die naaste familie of vriende weet waar Velloen in Johannesburg of Roodepoort gearresteer is nie.
“Hy was die liefdevolste mens,” het Hogan gesê. “Hy sou altyd probeer om jou tevrede te stel, al moet hy homself indoen.”
Vir haar is die hartseerste die manier waarop hy dood is.
“Die polisie moet daar wees om mense te beskerm ... ’n mens kan hulle nie meer vertrou nie,” het Hogan bygevoeg.
Velloen se seun, Kevin, het gesê sy pa het “altyd geluister wat ek sê en ek sal die spesiale dinge wat ons saam gedoen het, die meeste mis”.
Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie. Velloen se oorskot word by die Roodepoort-lykshuis gehou terwyl die ondersoek voortduur.
Die polisie wou nie aandui of enige van die arrestasiebeamptes departementeel of strafregtelik aangekla sal word nie.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-dood-in-selle-na-polisie-glo-aanrand-20101128

No comments:
Post a Comment