Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, December 2, 2010

Plaasgesin grusaam vermoor

’n Gesin van drie, onder wie ’n 3-jarige dogtertjie, is grusaam op die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik vermoor.

Mnr. Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul rooikopdogtertjie, Willemien, se lyke is vanoggend deur ’n plaaswerker gevind. Potgieter is in sy vroeë veertigerjare en sy vrou in haar dertigs.

Jana van der Merwe, Volksblad-verslaggewer wat tans op die toneel is, sê die man is vermoedelik by die huis se agterdeur met ’n panga oor die kop geslaan.

Van der Merwe het vertroulik verneem die vrou en kind is met ’n vuurwapen tereggestel.

Die lyke is reeds van die plaas verwyder.

Een verdagte is intussen vasgetrek op Petrus Steyn

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasgesin-grusaam-vermoor-20101202

No comments:

Post a Comment