Al weer apartheid se skuld?
Die feit dat mnr Carl Niehaus apartheid die skuld gee vir sy wandade, is tipies van prominente ANC-lede. Sedert 1994 word die skuldiges aan onbevoegdheid, korrupsie en wanbestuur nie geïdentifiseer en gestraf nie, maar word ‘n regeringstelsel wat bykans veertig jaar gelede vernietig is, die skuld gegee.
Onder die apartheidsregering (1948 tot 1966: daarna is apartheid stelselmatig deur die NP van mnr John Vorster stap vir stap afgebreek) was Suid-Afrika ‘n Eerste Wêreldland tot voordeel van al sy inwoners – Wit en Swart. Vandag (onder sg democracy) is SA die misdaad-mekka van die wêreld.
Van 1948 tot 1989 is 7 000 swart mense dood in geweld. Van 1990 tot 1994 is
14 000 Swartes dood, maar 12 800 is dood weens swart op swart geweld. Tussen 1994 en 2000 is 174 220 mense weens geweld dood.
Onder apartheid was die ekonomiese groeikoers 6% en inflasie 2%. In 1959 het blanke arbeiders se loon gestyg met 3,7% teenoor dié van swart arbeiders met 5,3%. In 1963 was dit 5,3% vir Blankes en 6,6% vir Nieblankes.
Blanke belastingbetalersgeld is in Swart onderwys gestort. Van 1973 tot 1983 het die geld in Swart onderwys gestyg met 160% -- van R27 milj. tot R475 milj. In 1983/84 het Swartes R299 milj belasting betaal, maar R1 120 miljoen is aan swart onderwys spandeer. Blankes het R4 367 milj belasting betaal, maar slegs 25% (R1 170 milj) vir blanke onderwys ontvang.
Van 1970 tot 1976 het die swart bevolkingsaanwas gestyg met 85%. Die blanke aanwas het gedaal van 23 per duisend tot 16,3 per duisend. Wanneer dié syfer onder 17 kom, sterf ‘n volk.
Onder apartheid was daar nie politieke leiers in die tronk of aangekla vir bedrog en korrupsie nie. Kan die ANC vandag dieselfde sê?
Daar is net een feit op die tafel: onder apartheid het dit goed gegaan met al Suid-Afrika se mense. Die apartheidsregering het goed gesorg vir die Swart bevolking. ‘n Dankie van Carl Niehaus en kie is baie meer nodig as die leuens oor die skuld van apartheid. Dié wat weet wat die feite is, het net een versugting: Ons verlang terug na apartheid!
http://www.hnp.org.za/phpbb/viewtopic.php?f=45&t=19&view=unread
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.
Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.
Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
...EN, so te sê ALMAL het werk gehad!!! Selfs sanksies kon ons nie breek nie!!
ReplyDeleteSit by julle ander webtuistes die een ook:
ReplyDeletehttp://www.whitenationnetwork.com/paper/
Boere Groete