Jacques Steenkamp
Dunnottar. – ’n Bekende aptekersegpaar van Dunnottar se lyke is gister in ’n veld in Brakpan gevind.
Hulle is herhaaldelik met ’n mes gesteek en met ’n stomp voorwerp geslaan.
’n Tiener en ’n jong man is gister reeds deur die polisie in verband met die moord in hegtenis geneem.
Die tiener is ’n familielid wat ’n dwelmverslaafde is en minder as ’n maand gelede uit ’n rehabilitasiekliniek ontslaan is.
Mnr. Schalk du Plooy (52) en sy vrou, Theresa (51), was aptekers wat onderskeidelik in Nigel en Springs vir die winkelgroep Clicks gewerk het.
Hulle is vermoedelik gister in die vroeë oggendure in hul huis oorval en verskeie kere met ’n mes gesteek, asook met ’n harde voorwerp aangerand.
Die egpaar se lyke is nog in hul slaapklere in hul wit Land Rover Discovery gelaai en sowat 18 km van hul huis in ’n verlate veld in Brakpan gegooi.
Volgens ao. Tommy Tomlinson, ’n polisiewoordvoerder, het ’n lid van die publiek gisteroggend op die grusame vonds afgekom en die polisie ontbied.
Hy het gesê albei lyke was erg vermink.
“Die egpaar se voertuig is verlate in Daveyton, ’n plakkerskamp sowat 12 km van waar die lyke aangetref is, gevind,” het Tomlinson gesê.
Die twee jong mans sal na verwagting later vandag in die Nigel-landdroshof op aanklag van moord verskyn.
Kollegas en vriende van Du Plooy het hom as ’n wonderlike mens beskryf wat altyd geglimlag het.
“Hy is al ’n apteker in die omgewing vandat ek kan onthou.
“Daar is nie ’n persoon in Dunnottar of Nigel wat hom nie geken het nie,” het een persoon gesê.
Die Du Plooy-egpaar het geen kinders van hulle eie gehad nie en word slegs deur ’n aangenome seun oorleef.
Begrafnisreëlings was nog nie teen druktyd getref nie.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aptekers-vermoor-hul-lyke-in-veld-gegooi-20101207

No comments:
Post a Comment