Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, December 6, 2010

Offisiere bedwelm en verkrag glo 2 lugmag-rekrute

2010-12-06 22:18
Erika Gibson
’n Strafregtelike ondersoek gaan deur die militêre polisie ingestel word nadat minstens een vrou­like rekruut by die lugmag se gimna­sium op Hoedspruit glo deur ’n adjudant-offisier bedwelm en toe verkrag is.

Dié rekruut ontvang berading en gebruik anti-retrovirale middels nadat sy en nog ’n vroulike rekruut glo gedwing is om saam met twee besoekende adjudant-offisiere na ’n gastehuis te gaan.

Die twee mans – een van die Ysterplaat-lugmagbasis en een van Durban – het juis as deel van die rekrute se induksie vir hulle lesings gegee oor hoe om seksuele teistering in die militêre omgewing te hanteer.

Mnr. Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die departement van verdediging, het vandeesweek bevestig dat die saak ondersoek word.

Volgens hom sal streng stappe gedoen word as ’n lid van die weermag ná die ondersoek weens die beweerde misdryf vervolg word. Geen stappe is nog teen enige van die twee offisiere gedoen nie, terwyl die twee vroue hul basiese opleiding die afgelope week voltooi het.

Volgens ’n familielid van die een vrou (19) het die twee offisiere sowat twee weke gelede vir die rekrute klasgegee. Hulle het gevra of twee van die vroue met die voorbereiding van sertifikate vir die studente kan help.

Die een wou nie gaan nie, maar ’n senior instrukteur het aan haar gesê dit is ’n opdrag. Die twee is vervolgens saam met die mans na ’n gastehuis in die Drakensig-woonbuurt naby die basis.

Volgens die familielid het die twee die vroue koeldrank aangebied. Kort daarna het een van naar geword en gedisoriënteerd geraak. Terwyl sy in die toilet gebraak het, het een van die mans haar glo van agter gegryp. Toe sy haar bewussyn herwin, was die man besig om haar te verkrag.

Die ander offisier het die ander meisie glo intussen gegryp en verkrag. Later die aand het die senior instrukteur glo by die huis opgedaag en die vroue teruggeneem na die basis toe hy sien in watter toestand hulle is.

Volgens die familielid is die een vrou stil en teruggetrokke. Sy wag nog om ’n afspraak by ’n sielkundige in 1 Militêre Hospitaal te kry.

“Ek wil weet hoekom die kinders die basis in opdrag moes verlaat om verkrag te word. Ek wil weet hoekom daar nie onmiddellik teen die mans opgetree is nie,” het die ontstoke familielid gesê.

No comments:

Post a Comment