Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, December 20, 2010

Moord lyk na mislukte kaping

Amanda Roestoff
'n Man van Roodepoort is grusaam met ‘n skroewedraaier vermoor.
Mnr. Nobbies Nobrega (45) van Witpoortjie was vermoedelik van sy vriend se huis in Randfontein na Roodepoort onderweg toe hy duskant ‘n brug op Windsorweg (R28) in die omgewing van Luipaardsvlei in Krugersdorp aangeval is.
Nobrega het nege steekwonde in sy bors, maag en nek opgedoen, het sy vrou, mev. Elize Nobrega (35), Maandag vertel.
“Dit is vir ons nog nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar dit lyk asof hulle sy dubbelkajuitbakkie wou kaap. Die motorvenster aan die bestuurder se kant was flenters geslaan,” het Nobrega gesê.
Volgens haar word net sy selfoon vermis.
Krugersdorp-polisiekantoor ondersoek ‘n moordsaak.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moord-lyk-na-mislukte-kaping-20101220

No comments:

Post a Comment