Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, January 13, 2011

‘Misdaad dryf boere uit land’

André Damons
Senekal. – Boere verlaat nie die land nie, hulle vlúg.

So het me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, eer­gister gesê.

Die minister het haar sterk teen geweld­misdaad op plase uitgespreek en gesê die land kan dit nie bekostig om een enkele boer te verloor nie.

Sy het benadruk boere verlaat Suid-Afrika nie vrywillig nie, maar gee pad weens plaasaanvalle.

Joemat-Pettersson het mnr. Pitso Sekhoto, ’n suksesvolle beginnerboer in die distrik Senekal, eergister besoek.

Sy het gesê kommersiële boere verlaat die land om twee redes: om hul belange elders uit te brei en om van plaasaanvalle weg te kom.

“Ons kan nie die boere verloor nie, want hulle het dekades se vaardigheid en kennis.

“Dit is vir ons ’n bekommernis: Ons kan nie een enkele boer verloor weens iets soos plaasaanvalle nie.

“Die aanvalle is barbaars en kan ná 16 jaar van demo-krasie nie geduld word nie. Dit hoort nie in ons samele-wing nie,” het Joemat-
Pettersson gesê.

Volgens haar kan nie gesê word dat plaasaanvalle ras-gemotiveerd is nie.

“As dit ras-gemotiveerd is, sou dieselfde swart mense in die woonbuurte ingegaan en wit mense vermoor het.

“Hier het ons ’n scenario waar die meeste wit mense grond besit en julle is kwes- baar omdat julle ver van alles is,” het sy gesê.

Volgens haar werk haar departement saam met mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, wat elke provinsie besoek om misdaad op die platteland te help oplos.

Joemat-Pettersson het gesê geweld teen plaaswerkers moet ook gepak word.

Sy het gesê boere dra by tot die geweld wanneer hulle goedkoop, onwettige buitelandse arbeiders gebruik.

Oor die Makolobane-plaasprojek wat die minister besoek het, het sy gesê dié plaas is ’n bewys dat grondhervormingsprojekte kan werk.

“Swart mense kán boer en grondhervorming kán werk.

“Dit beteken nie die rege- ring gaan voedselsekerheid inboet nie.

“Die landbou in die land kan nie groei sonder wit kommersiële boere nie.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Misdaad-dryf-boere-uit-land-20110112

No comments:

Post a Comment