Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, January 25, 2011

Mugabe-militantes uit oorde gejaag

Harare - Zimbabwiese polisie het sogenoemde oorlogsveterane en ondersteuners van pres. Robert Mugabe uit toeriste-oorde gejaag na die militantes hulself as die oorde se nuwe eienaars voorgedoen het.

Die onwettige beslagneming wes van die hoofstad, Harare, is die nuutste voorval in Mugabe se poging tot landhervorming wat in 2000 geloods is.

Minister Jameson Tima het egter gesê dié beslagnemings is onwettig en het polisie ingeroep om die klopjag te ontlont.

“Hulle is deur polisie uitgejaag,” het Timba, ‘n lid van die Movement for Democratic Change (MDC), gesê.

“Daar was sowat 200 van hulle. Gelukkig is daar geen skade aan die eiendomme aangerig nie,” het Timba gesê.

Zanu-PF, wat in ‘n magsdeelooreenkoms die land saam met die MDC regeer, het enige skuld in die voorval ontken.

“Die oortreding kon nie deur ons lede wees nie,” het Ignatius Chombo, aan die hoof van Zanu-PF se poging tot landhervorming, aan die staat se Herald koerant gesê.

“Zanu-PF sal nie sulke gedrag duld nie,” het Chombo, ook minister van plaaslike regering, gesê.

http://www.nuus24.com/Afrika/Nuus/Mugabe-militantes-uit-oorde-gejaag-20110124

No comments:

Post a Comment