Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, January 27, 2011

NASIONALISEER, SÊ NELSON

Vandag 21 Jaar gelede het die volgende artikel verskyn:
“Marx” du Preez (VRYE WEEKBLAD, 26 JANUARIE 1990)
Die ANC-leier Nelson Mandela het dié week se berigte dat hy deesdae teen nasionalisering gekant is, gister die nek ingeslaan met ’n verklaring dat ‘n aanpassing van ANC-beleid oor nasionalisering nou “ondenkbaar” is. 
Die publisiteit sekretaris van die United Democratic Front, Terror Lekota, het gister ‘n deel van ‘n brief wat Mandela Maandag uit die Victor Verster-gevangenis geskryf het, bekendgemaak.
Mandela skryf:  “Die nasionalisering van myne, banke en monopolie-nywerhede is die beleid van die ANC, en ‘n verandering van ons sieninge in dié verband is ondenkbaar.“Swart ekonomiese mag verkryging is ‘n doel wat ons ten volle ondersteun en aanmoedig, maar in ons situasie is staatsbeheer van sekere sektore van die ekonomie onafwendbaar.”
Mandela vra in sy brief dat sy verklaring “die wyds moontlike publisiteit” gegee moet word, en Lekota het gister aangedui dat ‘n verduidelikende verklaring in dié verband nou wyd onder UDF-lede versprei word.  Mandela het die brief geskryf in reaksie op persberigte vroeër dié week dat hy deesdae die kapitalistiese stelsel ondersteun.  Die berigte is gegrond op uitlatings wat ‘n senior swart sakeman, Richard Maponya, ná ‘n besoek aan Mandela gemaak het.
Maponya het gesê:  “Die boodskap wat Mandela wou hê ek moes van Victor Verster af neem, is sy oortuiging dat die ekonomie die ruggraat van enige nasie is.  Hy het gesê hy glo nie in nasionalisering nie omdat dit duidelik is dat só ‘n beleid die noodsaak van ‘n ekonomie wat groei om werkgeleenthede te skep, ondermyn.”
Lekota het gister gesê die indruk het nou ontstaan dat Mandela se siening van die ekonomie verskil van dié van die ANC self.  Dit is nie so nie.  Lekota sê dit is belangrik vir die swart en wit gemeenskappe dat dié verwarring uit die weg geruim moet word, ook omdat die ekonomie ‘n deel van die onderhandelings gesprek gaan wees en die ANC konsekwent is daaroor.
Hy meen Maponya het Mandela bloot verkeerd verstaan, omdat Maponya hom meer oor die toekoms van swart sakemanne en maatskappye uitgevra en Mandela toe gesê het kleiner sakemanne hoef nie nasionalisering te vrees nie.
Mandela se verklaring is gister geesdriftig deur die leierskap van Cosatu ontvang.
“Daar was heelwat ontevredenheid en verwarring binne Cosatu oor die berigte dat Mandela nou ‘n kapitalis geword het,” het ‘n vakbondleier gister gesê.

oooooOooooo
Malema -  woord vir woord dieselfde
Business Day 24 Januarie 2011
Malema on nationalisation

In an interview with Business Day last week, ANC Youth League president Julius Malema said the growth path would not be successfully implemented unless the state nationalised strategic sectors of the economy.
Malema warned that the government’s attempts to create employment would fail unless mines, banks and "monopoly" industries were under the control of the state.
"A growth path that ignores property relations in SA will never be successful. That is why the research process the ANC is currently undertaking on nationalisation of mines should ultimately feed to a more progressive and successful growth path," he said.
Although Malema said the plan had "very good" intentions, it might not get the league’s full support unless the policy of nationalisation was adopted.
The youth league’s calls for nationalisation alarmed investors last year………………………..

oooooOooooo

Freedom Charter - The People Shall Share in the Country`s Wealth!
The national wealth of our country, the heritage of South Africans, shall be restored to the people;
The mineral wealth beneath the soil, the Banks and monopoly industry shall be transferred to the ownership of the people as a whole;
All other industry and trade shall be controlled to assist the wellbeing of the people;
All people shall have equal rights to trade where they choose, to manufacture and to enter all trades, crafts and professions.

ANCYL Nationalisation of mines document- February 2010

oooooOooooo

Beleggers wees gewaarsku, hierdie narre is nog steeds op koers om die myne, banke en monopolie-nywerhede te nasionaliseer. Daar is nog steeds mense wat dink Mandela is ’n held en Malema is ’n aap. Dink weer..., hulle is voëls van eenderse vere. Kyk hoeveel van die Freedom Charter is reeds bereik.
http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=4422:nasionaliseer-se-nelson&catid=16:polities&Itemid=185

No comments:

Post a Comment