Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, February 3, 2011

Pa se tweede seun op plaas vermoor

DE WET POTGIETER Swartruggens

Platgeslaan en sprakeloos van verdriet het 'n bejaarde boer, mnr. Piet Potgieter (69), gistermiddag stil gestaan en huil op die plek waar hy sy seun in 'n plaasmoord verloor het binne 30 km van die plek waar hy drie jaar gelede nog 'n seun in 'n plaasmoord afgestaan het
Sy oudste seun, mnr. Pieter Potgieter (42), is Vrydagmiddag laat op sy plaas, Lindleyspoort, voor sy vrou en kinders koelbloedig deur drie aanvallers doodgeskiet.
Drie jaar gelede is sy jonger seun, Kobus, ook deur gewapende rowers vermoor. Hulle was sy enigste seuns. Hy het nog 'n dogter oor.
``As 'n eerbare burger het ek geen reg in dié land nie,'' sê die pa. ``Ek is seker volgende . . .''
Gemoedere het Vrydagnag hoog geloop onder die boere.
Dit was die derde plaasmoord binne 'n week in Noordwes.
``Die aanvalle en moorde raak nou te erg,'' het mnr. Paul van der Walt, vise-president van die Transvaalse Landbou-unie (TLU), gister gesê.
``Ons is keelvol. Ons kan nie meer nie.'' Die TLU hou dié week noodvergaderings oor die plaasmoord-krisis.
Met bloed wat uit sy wonde gestroom het, het Potgieter omstreeks halfses Vrydagmiddag soos 'n besetene op sy aanvallers afgestorm en hulle beetgepak om sy vrou, Magda, en hul twee kinders, Pieter (12) en Ronel (16), se lewe te red.
Terwyl hul pa sterwend gelê het, het die vlugtende moordenaars nog skote op hom geskiet. Nie ver daarvandaan nie, het sy vrou in die gras gelê en maak of sy ook dood is.
Maandagoggend is die lyk van 'n wewenaar, mnr. Dawid van Rooyen (62), op 'n hoewe in Rooigrond naby Lichtenburg gekry. Sy hande was agter sy rug vasgemaak en hy is op sy knieë gedwing voordat hy soos met 'n teregstelling in die agterkop geskiet is.
Gisteroggend is die 34-jarige mnr. André Boucher se bebloede lyk op die plaas Middelwater, buite Fochville, gekry. Sy hande en voete was vasgebind en sy mond met 'n das toegebind. Sy moordenaars het hom met messe doodgesteek.

http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2001/01/28/4/19.html

2 comments:

  1. Eliyahu wrote:

    Lord of the universe, king of the kings of all kings, the Holy, blessed He, may
    your name be praised for eternity and for ever and ever! I hereby approach you
    to plead to Thy, please decree death and eternal end and elimination upon all
    those cursed evil wicked ones who raised their hands to harm your holy and pure
    children, and holding are righteous brothers, ... ..., ... ..., ... ... etc., in
    captivity.
    And I ask Thee, in every way of pleading to erase the memory/legacy of their
    captors and their whole evil nation. And I plead with you, Lord of the Universe,
    our father, our king, please, return our holy and pure brothers to their place
    in our holy and pure nation. And I hereby present my will that all the enemies
    of your holy nation shell receive 60 fire lashes (lashes of Pulsa Di Nura) each
    and every hour.
    After this come the three verses from the Bible, and then: Amen and
    Amen, may this be thy will.

    Dus bid jou vyande in hulle peetjie in

    ReplyDelete
  2. Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
    God het jou lief. Lees jou Bybel.

    ReplyDelete