Volgens media berigte het die ANC se Kgalema Motlanthe opdrag gegee dat die borsbeeld van dr. HF Verwoerd wat by die Midvaal-munsipaliteit verwyder is, gevind moet word sodat die ANC regering dit kan “bewaar”. Hierdie bekendmaking is gedoen by monde van die adjunkminister van kuns en kultuur, Dr. Joe Phaahla wat bekend gemaak het dat Motlanthe sy departement opdrag gegee het om die beeld te vind.
Die ANC het blykbaar ‘n probleem om die konsep van eienaarskap te verstaan. Die Verwoerd borsbeeld behoort aan die kultuurraad van Kliprivier en beslis nie aan die ANC of die ANC regering nie. Gevolglik het die ANC en sy regering geen reg tot hierdie beeld nie en sou die ANC hierdie beeld opeis, is dit blatante, arrogante diefstal. Die ANC regering is arrogant en skelm genoeg om wel te poog om die beeld te steel. As mens kan plase steel, sal jy seker ook borsbeelde steel.
Die Donkerhoek Verkenners wil dit duidelik stel, dat ons nie sal toelaat dat die Borsbeeld van Dr Verwoerd verwyder word deur die ANC of sy regering nie. Die Donkerhoek Verkenners is ook siek en sat vir die ANC regering se arrogante persepsie dat alles in hierdie land aan hulle behoort.
Motlanthe hoef ook nie te wonder waar die borsbeeld is nie en hoef ook nie sy kaders opdrag te gee om die borsbeeld te soek nie; Die borsbeeld van Dr Verwoerd is op Kleinfontein en word beskerm deur die Donkerhoek Verkenners. Gevolglik daag die Donkerhoek Verkenners die ANC se Kgalema Motlanthe uit om persoonlik hierdie borsbeeld van Dr Verwoerd te kom steel op Donderdag 16 Junie 2011 om 12h00 . Motlanthe is welkom, aangesien die 16de Junie die ANC se jeugdag is, om die ANC se jeug leier, Julius Malema saam te bring, aangesien Malema sy vorige afspraak met die Verkenners gemis het, om ‘n Boer te kom skiet.
Jan Beyers
Voorsitter
Donkerhoek Verkenners
079 357 5804
No comments:
Post a Comment