Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, January 11, 2011

“Ons gaan al julle wit mense dood- maak.”

Hilda Fourie“Ons gaan al julle wit mense dood- maak.”Só het ’n rower glo die naweek aan mnr. Martin Vermeulen (28) geskreeu nadat Vermeulen se vriendoomblikke tevore doodgeskiet is.Mnr. Albie Greyling (25) is Vrydag omstreeks 19:30 dood toe hy op sy ma se grasperk in Eldoraigne, Pretoria,bo die linkeroog geskiet is.Greyling, wat in Desember aan me. Sandra Barnard verloof geraak en Vrydag die laaste paaiement op haar ring betaal het, was ’n finalejaar- paramediese student aan die Universiteit van Johannesburg.Volgens me. Yolanda Barnard, ’n woordvoerder vir die familie en Barnard se suster, was Greyling Vrydagtoevallig by die huis. Hy sou na ’n braai gaan, maar het sy klere eers by die huis afgelaai. Hy bly in die week in Johannesburg.“Sy ma, Susan (60), is omstreeks 19:00 deur drie rowers in haar woonstel oorval. Die rowers het haar agter die kop met ’n rewolwer geslaan en uit die huis gehardloop met haar selfoon en R700.“Dis toe dat die rowers hulle in Martin en Albie vasloop. Hulle het eers ’n skoot op Martin afgevuur, maar hykon betyds wegkom. Dis toe dat Albie geskiet is.“Martin het agter na die swembad toe gehardloop waar hy deur die rowers vasgekeer is. Hy het vir hulle gesêhulle kan alles vat, hulle moet hom net uitlos. Die rowers het toe gevlug.“Die verdagtes het met die tannie in Afrikaans gepraat, maar wat my die meeste ontstel, is dat hulle vir Martin gesê het hulle gaan al ons wit mense doodmaak.”Die familie wil ’n trust skep sodat Eldoraigne beveilig kan word, “want Albie was net ’n toevallige slagoffer en ’n mens gaan nie verniet dood nie”, het Barnard gesê.Volgens insp. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, is geen verdagtes nog aangekeer nie.Greyling laat sy pa, Gert (72), ma en vyf broers, wat almal paramedici is, agter. Hy word Woensdag om 11:00uit die NG kerk Eldoraigne begrawe.

http://www.scribd.com/doc/46644297/Albie-Greyling-25

1 comment:

  1. Avigdor Eskin’s lone vigil at SA embassy Paris:

    http://www.livingscoop.com/watch.php?v=MTI1NA%3D%3D

    ReplyDelete