'n Groot hoeveelheid wapens, onder meer vuurpyllanseerders, is in Kathlehong aan die Oos-Rand gevind.
Die polisie het Dinsdag afgekom op vuurpyllanseerders, plofstof, AK-47's, kleefmyne en ammunisie, volgens luit.kol Lungelo Dlamini.
Die wapens sou vermoedelik in gewapende rooftogte gebruik word.
"Die mense het hulle reggemaak vir oorlog," het polisiehoof Bheki Cele Dinsdagoggend op die toneel gesê.
Die polisie sal later meer besonderhede bekend maak, aldus Dlamini. - Sapa
No comments:
Post a Comment