Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, January 10, 2011

2 renosters in Limpopo gestroop

Marietie Louw-Carstens
Twee renosters is al sedert 1 Januarie in Limpopo doodgemaak.

’n Dragtige renosterkoei se karkas is op die Motlala-lodge naby Hoedspruit aangetref.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die koei is met ’n .375-jaggeweer geskiet en albei haar horings afgesny.

’n Plaasbestuurder het glo Saterdagoggend op ’n patrollie van die plaas op die karkas afgekom.

Otto het gesê dit wil lyk of die dier toe al tussen drie en vyf dae dood was. Die polisie het ’n .375-koeël uit die karkas gehaal.

’n Omgewingsbeampte, wat anoniem wil bly, het gesê die koei was sowat 23 jaar oud.

In nog ’n voorval is ’n renosterbul verlede week in die Musina-distrik doodgemaak.

Die bul is ook met ’n jaggeweer doodgeskiet. Sy horings is egter nie afgesny nie.

Omgewingsbeamptes vermoed die dier het, nadat hy geskiet is, weggehardloop. Dit is nog onduidelik waarom die stroper(s) nie sy horings afgesny het nie.

Niemand is nog weens die voorvalle gearresteer nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-renosters-in-Limpopo-gestroop-20110110

No comments:

Post a Comment