Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, January 10, 2011

ONDERWYS IN SUID AFRIKA SWAKSTE OOIT!

Monday, 20 December 2010 12:17 | Written by Danie Varkevisser
 
Die handeling van die Departement van Onderwys om te onttrek aan die Internasionale wiskunde en wetenskap eksamen, dui ondanks al die aangebode verklarings tot die teendeel, onteenseglik op 'n erkenning van die ontoereikende standaard van die regime se onderwysstelsel.
Nadat Suid Afrika in  twee Internasionale eksamens van 1999 en 2003 die swakste van respektiewelik, 38 en 50 deelnemende lande gevaar het, is die onafwendbare herhaling  van dié prestasie, begryplik onverdedigbaar!
Professor Mamokgethi Setati, direkteur van Wits se Marang sentrum vir Wiskunde en Wetenskap se kommentaar was: “Dit sal ons meer tyd gee om te fokus op die oplossing van ons probleme, soos om seker te maak dat onderwysers gereed is.   Die standaard van wiskunde onderrig sê hy,  “needs to be jacked up”
Terwyl die onbeholpe onderwysowerhede een wiel van die onderwysmotor sonder sukses met ‘n “stukkende domkrag” probeer oplig, val al drie die ander wiele af!  In naweek-Beeld van Saterdag 25 September 2010 is die opskrif:  “In 19 SA skole dop al die matrieks.”
Wat hier betekenisvol is, is die redes wat vir die gebrek aan prestasie aangevoerword.  Gebrek aan leierskap by hoofde, Afwesigheid en laatkommery van onderwysers, afwesigheid van leerlinge, hulle alkohol en dwelmgebruik, swak kurrikulum beplanning, onderwysers se gebrekkige vakkennis, tekort aan handboeke.
Twee maande later berig dieselfde koerant van onderwysers wat ontsteld is oor eksamenvrae wat so vrot van die foute is dat leerlinge nie die vrae kan verstaan nie!
As wat hierbo gelys is rede tot kommer baar vir ouers  wat ernstig is met die voorbereiding  van hulle kinders om hulleself in die volwasse lewe te kan handhaaf, het die gevaar wat die huidige onderwysstelsel vir ons kinders inhou, nog nie werklik deurgedring nie!
Die kiem van vernietiging van elke sedelike en morele waarde wat die Afrikanerkind van gelowige ouers in sy ouerhuis ontvang het, setel in die minister van onderwys se aankondiging dat seksonderrig vanaf die voorgraadse klasse van kindertjies van drie jaar oud, volgende jaar implimenteer gaan word!
Of ouers daarvan hou of nie, dit sal toegepas word omdat “sex education very beneficial” is volgens dr. Harrison van Lovelife.  “ Harrison also warned government would have to work with parents who take offence at the policy.   At least 10% to 15% of the population takes offence but the majority understand the need for it.”   Aldus Harrison.
As hierdie benadering, wat in teenstelling met Harris se stelling dat daar wye  internasionale bewys is dat tienerswangerskappe deur seksonderrig verminder sal word,  die teendeel tot gevolg het tot dié mate dat waar dit elders toegepas is tot ‘n styging van 900% in tiener swangerskappe gely het, nie gestuit word nie, ons kinders se kanse om heel en gebalanseerd deur hulle skoolloopbaan te kom gedoem is tot nul!

Vergelyk dit met die voorgeskrewe werk van graad 11 leerlinge  van ene Njabulo S Ndebele se Short Stories.  Vogens Beeld van 29 November 2010, handel die verhaal van “The  Prophetes” oor ‘n seun wat aan sy maats bewyse voorhou dat hy seks met ‘n meisie gehad het!
Wat Harris poog om te bereik is om die 10% van die bevolking waarna hy verwys wat “offended” sal wees,  die blankes in die algemeen maar in besonder die Afrikanervolk verteenwoordig,  wat na die sedelose lewensbeskouing van die swart massa afgetrek moet word!
Die swartes se waardesisteem  van vernietiging van diè waardes wat hy nie instaat is om te handhaaf nie, word duidelik onderstreep deur die vorige Swart “President”, Mbeki se standpunt dat dit die ANC se hoof oogmerk is om die onderwys te verlos van Apartheid.
 Binne slegs vier jaar het die ANC Regering daarin geslaag om die Afrikaner af te trek na die ongekende optrede van staking as skynbaar die enigste metode wat oorgebly het om Bengu en die regering tot besinning te bring. Onderhandelings in belang van die Afrikaner, wat op verskillende terreine van die onderwys, vrugteloos geblyk het, beweeg die onderhandelaars egter slegs tot diè, vir ons vreemde, optrede wanneer die stoflike wesentlik geraak word!
Die deurlopende aftakeling van die standaard van ons kinders se opvoeding en die nog belangriker verwronge leerplanne wat godsdiens en kultuurwaardes aangepas het om ‘n geslag daar te stel met ‘n totaal ander lewens en wereldbeskouing as wat vanuit ons afkoms en geskiedenis ons erfenis behoort te wees, Laat somtyds beswaarlik die wenkbroue lig!
Afrikanerouers sal met groter beslistheid ‘n greep moet neem om ons kinders teen totale verwydering van ons Christelike waardes te beskerm in die jaar wat voorlê.  Oud onderwysers en onderwyskundiges sal saam met ouers bymekaar moet kom om dringend hieroor te besin!

http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=4360:onderwys-in-suid-afrika-swakste-ooit&catid=42:onderwys&Itemid=146

No comments:

Post a Comment