Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, January 10, 2011

Polisie tas weer in duister rond met wapenwet

 Die wysigings wat die regering aan die Vuurwapenwet oorweeg, is op enkele uitsonderings na geen oplossing vir die gemors wat die wet veroorsaak het nie.

Inteendeel. Dit kan die opeenhopings en lang wagtye op vuurwapenlisensies net vererger.

Met die wysigings gaan sowat 40 000 voorlaaier-rewolwers uitgesluit word van die definisie van voorlaaier-wapens.

Voorlaaier-wapens is hoofsaaklik versamel-items waarvoor eienaars nie lisensies nodig het nie.

Van vandag af moet eienaars van die voorlaaier-rewolwers ook aansoek doen om bevoegdheidsertifikate. As eienaars nie binne ’n
jaar aansoek doen nie kan hulle tronkstraf van tot 15 jaar kry.

Die Suid-Afrikaanse Vuurwapeneienaarsvereniging dreig om die regering hof toe te neem oor die wysigings.

Mnr. Martin Hood, prokureur van die vereniging, het gesê die verandering skep ’n nuwe klas misdadiger.

Volgens Hood waarsku die vereniging al van 2007 af dat die wysigings geen sin het nie en net meer probleme gaan skep, maar die regering ignoreer dit.

Onder die wysigings wat sin het, is dat die geldigheid van lisensies in die jagbedryf van vyf na tien jaar verleng is en vir ondernemings soos in die veiligheidsbedryf van twee na vyf jaar.

Die regering het die vuurwapenwet vyf jaar gelede ingestel met die goeie bedoeling om die hoeveelheid vuurwapens in omloop te verminder. Tóé is hy ook gewaarsku dis onprakties en onuitvoerbaar.

Einde verlede jaar het mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, erken daar is ’n groot agterstand in die verwerking van lisensie-aansoeke. Hy het verskeie ingrypings aangekondig om die stelsel beter te laat werk.

As Mthethwa dink ’n gepeuter hier of ’n gelap daar gaan ’n verskil maak, maak hy ’n groot fout.

Die wet is onprakties en waarskynlik onuitvoerbaar. Daar behoort teruggekeer te word na die ou stelsel, of ’n nuwe stelsel moet ontwerp word wat minstens in praktyk ’n kans het om te werk.

http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Polisie-tas-weer-in-duister-rond-met-wapenwet-20110109

No comments:

Post a Comment