Terwyl talle van ons mense tans ywerig meedoen aan nasiebouprojekte rondom rugby in Soweto, of deur met die ANC se oorwinningsvlag op hulle voertuie rond te ry, is groot dele van die wêreld besig om teen ‘n vinnige tempo wakker te skrik en die onnatuurlike nasiebou te vervang met volksbou.
Vlaandere het hierdie week by die stembus baie duidelik ‘n boodskap gegee: ‘n enkele staat, van slegs blankes, maar bestaande uit twee volke: die Nederlandssprekende Vlaminge en die Franssprekende Wale, werk nie. Dié eenheidstaat, wat in 1830 net so kunsmatig tot stand gekom het as die Suid-Afrikaanse eenheidstaat van 1910 en 1994, werk eenvoudig nie.
Alle pogings tot nasiebou, koalisie, saamwerk, eenheid, selfs deur sport, het nie gewerk nie. Die nasionale Belgiese sokkerspan kon die twee volke nie verenig nie. Ook nie die Belgiese vlag nie, want die Vlaminge verkies hulle eie Vlaamse Leeuevlag. Die Vlaming het die Belgiese vlag altyd bestempel as “’t Vod”, daarmee bedoelende: “Die Vadoek”. Die “Belgiese” volkslied, die “Brabantsonne”, is deur die Vlaming verwerp as ‘n kermisliedjie, en hulle sing hulle eie volkslied, die Vlaamse Leeu, wat nie getem kan word nie...
Dit was helaas nie die tradisionele vegters vir Vlaamse onafhanklikheid, die Vlaams Belang, wat die stemme geoes het nie, maar hulle republikeinse ideaal het wel die sege behaal, al was dit deur ‘n ander party, die N. VA. Die boodskap was egter duidelik: Vlaandere wil nou onafhanklik word en ophou om kersvader te speel vir die onderpresterende Wallonië, en ‘n klug van ‘n koningshuis.
Die resultaat wat nou bereik is, is te danke aan die slagspreuke van die Vlaams Belang en sy voorganger, Vlaams Blok, wat dekades lank verkondig het: “Eigen Volk Eerst”, “België barst”, “Vlaanderen voor de Vlamingen” en “Vlamingen eerst”. Dit is volksgerig, nasionalisties, positief vir die eie, sonder om afbrekend te wees teenoor die ander. Nasionalisme beteken ‘n onblusbare liefde vir jou eie volk, sonder om hatig op ander volke te wees.
Vlaandere se verkiesingsuitslag volg nouliks ‘n week nadat dieselfde tendens waargeneem is in Nederland se verkiesings, en ongeveer ‘n maand na Brittanje se verkiesings, waar dieselfde tendens ook sigbaar was. Die Konserwatiewe Party het wel daar sterk gegroei, maar dit is minder bekend dat die Britse Nasionale Party ook geweldige vordering gemaak het.
Die wêreld-tendens is na die volkseie. Sedert die verbrokkeling van die Sowjet-Ryk, word kleiner state gevorm, state wat homogene volkstate is, waar nasionalisme skielik trots laat ontwikkel, wat ook ekonomiese trots en sukses tot gevolg het.
Net in Suid-Afrika word daar nog gepoog om die kunsmatige eenheidstaat te maak werk, terwyl die mislukkings daagliks groter en sigbaarder word. Nie rugby in Soweto, of ‘n sokkervlaggie op die motor gaan dit regkry nie. Hoe gouer ons die werklikheid van Suid-Afrika in pas bring met die tendens van die wêreld, hoe gouer sal ons werklike nasiebou sien: die opkoms en uitbou van ons eie Boerenasie! Werklike nasiebou is net suksesvol as daardie volk sy vryheid het.

No comments:
Post a Comment