Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, August 24, 2012

Egpaar vermoor: Twee in arres

By: Pauli Van Wyk
2012-08-23 18:53
Twee verdagtes wat huurders was by die bejaarde egpaar wie se kele hulle na bewering afgesny het, is vanmiddag ure na dié moord in Alberton aangekeer.

Marié (68) en Leon (71) Sim, ’n ekonomie-onderwyser by Global Secondary School in Kempton Park, is vermoedelik laat gisternag wreedaardig by hul huis in Steelstraat, Cresslawn aan die Oos-Rand vermoor.

Volgens ao. Cobus Holloway, polisiewoordvoerder, lei die polisie uit sleepmerke af Leon is by die woonstel agter die gastehuis doodgesteek waarna hy om die huis gesleep is.

“Marié is in hul woonstel gevind, ook met steekwonde. Die oortreders het ’n tipe swembadmiddel gebruik om haar lyk aan die brand te steek.”

SAPS-lede het op ’n wenk reageer en ’n sektor aan die Oos-Rand gefynkam vir die verdagte, het Holloway gesê.

“Terwyl ons rondgery en na hom gesoek het, het hy oorkant ons by ’n kruising in ’n enkelkajuitbakkie gestop. Hy was alleen in die voertuig en is net daar gearresteer.

Dit was omstreeks 14:45.

’n Tweede, vroulike verdagte wat waarskynlik medepligtig is, is later ook gearresteer. Die moordwapen is nog soek.”

Die egpaar se seun John het gesê die hoofverdagte was in 'n geskil met sy pa betrokke.

Holloway het dit as moontlike motief bevestig.

Stefan Otto, 'n familielid van die Sims, het die egpaar as uitsonderlike mense beskryf.

"Hulle was liewe, dierbare mense. Oom Leon het die manier gehad om konflik op 'n sagte manier te hanteer.

Dit maak die gebeure nog meer skokkend. Hy het ook die indrukwekkendste biblioteek gehad wat ek nog by 'n persoon gesien het. Hy was 'n belese man en die rede waarom ek regte gaan studeer het."

Die egpaar laat drie kinders, John, Magda en Nicolaas en een kleinkind agter.

http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Egpaar-vermoor-Twee-in-arres-20120823

No comments:

Post a Comment