2012-08-26 21:49
Johannesburg – ‘n Man is in sy huis in Rustenburg doodgesteek, het die polisie
in die Noordwes gesê.
Kapt. Amanda Funani sê die 40-jarige man en sy
vrou is Saterdagoggend omstreeks 03:00 aangeval nadat die man ‘n geraas in die
huis gehoor en ondersoek ingestel het.
Funani sê die man het ‘n inbreker
in die sitkamer gesien.
“Daar word beweer die verdagte het die oorledene
en sy vrou met ‘n mes gedreig. Die oorledene en die verdagte het begin baklei.
Die verdagte het die oorledene tien keer gesteek...”
Sy sê die man het
later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Die man se vrou het ook
beserings opgedoen.
Funani sê die inbreker het op die vlug
geslaan.
Geen verdere inligting is verskaf nie.
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-sterf-in-hospitaal-na-inbraak-by-Rustenburg-huis-20120826
No comments:
Post a Comment