Johannes de Villiers
Soos wat mense ál minder in die kerk kom, soek hulle die
seëninge wat hulle vroeër in die kerk gevind het ál meer op Nuweland en Loftus
Versfeld.
’n Paar teoloë het die laaste ruk opgemerk dat rugby ál meer die plek van godsdiens in sommige mense se lewe begin volstaan.
Vroeër vandeesmaand het ’n Nieu-Seelandse teoloog ’n artikel getiteld Rugby as Religion voltooi, wat nou op die internet die ronde doen.
Kevin Ward, teoloog in die Nieu-Seelandse Presbiteriaanse Kerk, skryf moderne rugby het baie eienskappe van ’n religie.
“Soos wat tradisionele godsdiens ál meer in Westerse lande afneem, so word talle van die funksies wat voorheen deur kerke vervul is nou deur populêre kultuur en veral sport vervul.”
Prof. Cas Wepener van die Universiteit van Pretoria sê een van sy teologiestudente het verlede jaar haar M-skripsie voltooi oor die wyse waarop die gebruike wat met rugby geassosieer word, aan die liturgie van ’n godsdiens herinner.
Volgens Ward is die rugbystadion ál meer die plek waarheen mense gaan om saam met eendersdenkendes ’n emosionele belewenis te ervaar.
Dié belewenis “word versterk deur die rituele, krete en liedjies wat mens in sowel godsdiens as sport aantref”.
In verskillende lande kan verskillende sportsoorte wees wat dié funksie vervul, maar in sy tuisland is dit veral rugby, skryf Ward.
Volgens Ward is daar talle opvallende ooreenkomste tussen moderne rugby en godsdiens, waaronder:
* Rugbysterre word ál meer soos afgode behandel.
* Sportoorwinnings ontlok by sportsterre godsdienstige gevoelens wat hulle spontaan laat bid en getuig.
* Rugbystadions gee aan mense die geleentheid om gesamentlik tot ’n vervoering opgesweep te word.
* Nes godsdiens voldoen sport aan die mens se “sosio-sielkundige behoefte om aan sinvolle groepe te behoort, lojaliteit te betuig en ’n gesamentlike katarsis te beleef”.
Prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, ken Ward persoonlik en sê hy het self al opgemerk hoe rugby in Suid-Afrika elemente van ’n godsdiens begin aanneem.
“Van my kollegas wat in godsdienswetenskap werk, sê hulle sien in rugby dinge wat eintlik met godsdiens te make het, soos rituele, simbole en mites.”
In baie vorme van godsdiens heg mense byvoorbeeld groot waarde aan totemdiere (heilige dierspesies wat as die geestelike bewakers van stamme gesien word). Niemandt wonder of daar iets soortgelyk gebeur wanneer rugbyspanne dierspesies soos bulle, leeus en haaie as hul embleme aangryp.
Maar, sê Niemandt, mens moenie die vergelyking te ver vat nie.
Rugby en godsdiens hoef nie as mededingers gesien word nie en God kan selfs deur sport ook met mense werk.
“Ook sport skep ’n netwerk van verhoudings wat die lewe vir ons mensliker maak. En dit help baie mense.”
Een man wat sowel die wêrelde van rugby as kerk goed ken, is ds. Darius Botha, oud-Springbok en nou predikant op Kroonstad (en die broer van die rugbylegende Naas Botha).
Hy sê hy hoor al jare lank die aantyging dat rugby in Suid-Afrika byna soos ’n godsdiens opgehemel word.
“Mense wil aan iets behoort. Dalk gaan die kerk deur ’n effense krisis omdat sommige mense die boodskap gekry het dat die kerk hulle veroordeel en dus gaan soek hulle elders na ’n plek om tuis te voel. As jy rugby gaan kyk, laat die ander ouens jou nie skuldig voel nie, hulle aanvaar jou net soos jy is.”
Botha meen die kerk kan ’n paar lesse by die sportveld leer oor hoe om mense tuis te laat voel, maar dat daar ook sommige geestelike behoeftes van mense is wat beter deur godsdiens aangespreek word, soos die behoefte aan stilte en inkeer.

No comments:
Post a Comment