Petrusburg is maar een van die dorpe waar woedende swart inwoners amok maak oor geen drinkwater, geweldige werkloosheid en brandende armoede. Te Brandhof, Senekal, Clocolan, ens. is vir weke nie ’n druppel water in krane nie.
Premier Ace Magashule klim egter in ’n minibus met sy lojale kabinetskollegas en ry met kospakkies na Petrusburg en deel dit uit – in naam van Operasie Hlasela, wat tans deur die Openbare Beskermer vir korrupsie ondersoek word.
Wat ook intussen gebeur, is dat ontevrede ANC-lede in die provinsie o.l.v. voormalige LUR Dukwana ’n hervoorbereide hooggeregshofaansoek buig dat die verkiesing van Magashule as voorsitter van die party in die provinsie weens beweerde grootskaalse intimidasie en knoeiery i.v.m. kieserslyste ongeldig verklaar word.
Indien hierdie aansoek sou slaag, sal dit beteken Magashule is onwettig in die amp van premier en dat hy en sy bestuur nie einde van die jaar vir pres. Zuma by die ANC nasionale verkiesingskonferensie kan stem nie.In die Vrystaat is tans veel meer as “koek” op die spel.
http://www.ditsem.net/
No comments:
Post a Comment