Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 20, 2012

Afrikaner Godverlate, maar besef dit nie

Deur: Ikabod2012-09-18 06:00
Die soveelste moord die afgelope drie weke in Suid-Afrika verwys. ’n Vonk steek ’n kruitvat aan die brand – maar as die kruit nat geword het, kan nie eens ’n groot vuur dit maak brand nie.
Dag ná dag, uur ná uur, sekonde ná sekonde vind die moorde plaas op my volk se bejaardes, middeljariges, jeug en kinders. Meestal gepleeg deur hul vertrouelinge wat vir hulle werk!
Voor my oë sien ek telkens ’n 5-jarige dogtertjie van Bethlehem wat aan haar nek gevat en doodgeskiet word. En die bloedspoor van Trompsburg teen mure en kaste. Oral sien ek die bloed van my volk wat uitgemoor word.
In my geestesoog probeer ek my indink die worstelstryd van die oom of tannie of boer of vrou of kinders nadat die moordenaars in hul moordorgies met hul aanvalle begin het.
Ja, my volk draai sy gesig weg en kyk anderkant toe en maak of niks gebeur nie. Ons mag niks sê nie, want dan is ons rassiste. En ons was blykbaar nie eerste hier nie, dus het ons alles gesteel en is dit nou betaaldag.
Die gesag se stilswye verklaar sy goedkeuring. Dit los tog ’n probleem op, want nou hoef hulle nie nog ’n wet te maak om ons in te perk nie.
Die bloed van my volksgenote roep uit, maar my volk antwoord nie meer op jou wekroep nie!
Ons is nie eers skaam nie. Nee, sport en plesier het ons afgod geword. As ons net naweke kan sport kyk, is alles reg.
Weet jy wat, Afrikaner? Jou God het jou verlaat en jy kom dit nie eers agter nie! Niks roer meer my volk nie – wat ’n hartseer dag! Wil of kan niemand dan vir my volk in die bresse tree nie?
Bloemfontein


Volksblad

http://m.news24.com/volksblad/MyVolksblad/Briewe/Afrikaner-Godverlate-maar-besef-dit-nie-20120917

1 comment:

  1. Agter die feite soos gestel, skuil 'n tragiese sameloop van die uiteindelike lot wat soos 'n wind van onheil oor ons boere kultuur en geskiedenis, waai - 'n lot wat skynbaar nie 'n kern van kennis dra nie, skynbaar nie raakgesien word nie, maar . . . ons almal weet maar te goed dat dit wél raakgesien word, maar dat die lamheid van 'n verowerde gees, stééds oor ons volk hang. Die waarheid is egter veel erger; dis alles die verbeelding van hierdie boere volkie - daar is nie 'n band wat ons bind nie, nie fisies nie en geestelik nog minder. Die probleem is egter dat ons mense te gemaklik geword het - dat ons met hierdie gemaklike leefstyl van ons so afgestomp geword het, dat ons géén oorlewings gevoel meer in ons het nie. Ons het 'n vlak laer as die dier geraak; diere het 'n baie sterk oorlewings drang, wat by verre oorheers was deur die mens self. Wat het van hierdie drang op te leef geraak? Ek wil u graag antwoord op hierdie vraag.

    Die skrywer hierbo is nie ver verkeerd met sy beskrywing van ons volk nie. Die mens het sy aanhanklikheid aan God doodgesmoor met allerlei gode en uiteraard die suiwer Godgegewe menslike eienskappe in die proses verloor. Hulle vóél nie meer intens nie, hulle het begrip van die werklikheid totaal verloor en daarmee saam ook hul God wat ons voorouers se enigste reddingstou in goeie en slegte tyd was. Volk - ons is moeg gewaarsku. Jy gaan ook jou lewe verloor en elkeen wat veronderstel was om sy gesin en ander geliefdes te versorg en te beskerm, sal skuldig wees aan die dood van al sy geliefdes. Maar moenie waaksaam wees nie, want wat is die nut daarvan as jy nie eens kan sien dat jou einde vinniger as sleepvoet naderskuif nie. Die heel ergste is dat jy nie eens die hemelpoorte sal sien na jou dood nie - hoe WIL jy? Vaarwel my volksgenote - ons sal seker nie weer sien nie. Jammer - ek kan nie eens sê dat jou siel in vrede moet rus nie, want jy val nie in daardie katagorie nie.

    ReplyDelete