Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 20, 2012

Bok-span te ‘wit’ en verdeel SA, sê Div

Deur: André Damons2012-09-18 21:59
Bloemfontein. – Deur die Springbok-span “wit” te maak, word swart mense van die span en rugby vervreem en word die land weer verdeel.

So het Peter de Villiers, voormalige Springbok-afrigter, eergister in ’n onderhoud met Ballz Radio, ’n internetradiostasie, gesê.

“Ons moet weet in watter land ons bly en op die oomblik draai ons baie swart mense teen ons deur die span wit te maak.

“Ons breek ons land weer op. Mense wil nie daaroor praat nie, maar ek moet.

“Ons doen ons land meer skade aan deur ’n sport wat ons so liefhet,” het hy gesê.

De Villiers wou hom nie oor die Bokke se laaste verloor-wedstryd uitlaat nie omdat hy nie die wedstryd gesien het nie.

Hy wou hom ook nie oor Heyneke Meyer, huidige Springbok-afrigter, se spankeuses uitlaat nie. Hy het wel gesê die beste spelers behoort uit te draf.

“Ek wil nie kommentaar lewer oor Heyneke se spankeuses nie, maar weet dat jy nie dieselfde goed kan aanhou doen en ander resultate verwag nie.”

Justin de Allende, woordvoerder van Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het by navraag gesê die minister ondersteun die Springbokke en die nuwe afrigter.

“Hy is nog kort in sy pos en ons wens hom en sy span net die beste toe.”

http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Bok-span-is-te-wit-en-verdeel-SA-se-Div-20120918

1 comment:

  1. Julle sal nog lééééker so as 'n ou mooi reënboogspannetjie jul ding doen om die 'band' te smee vir 'n 'onverdeelde' en 'eensgesinde' ou volksgesinnetjie, dan sterf jy aan die hand van hierdie selfde ou swartetjies wat so graag bokke wou wees. Doet so voort - julle loop mooi suiwer op die pad van selfvernietiging. Moenie stop nie, want dan probeer jul dalk een van óns word (die boervolk) en ons wil julle deffinitief nie hê nie. Groetnis lib' - mag jul gemengde vreudes groot en soet wees. 'Shame' ek wonder wie jul begrafnisse gaan bywoon. Daar sal nie een van jou soort oorwees om jou te begrawe nie.

    ReplyDelete