Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 28, 2012

Derby-Lewis se vrou doen aansoek om mediese parool

2012-09-28 13:05

Johannesburg – Die veroordeelde moordenaar Clive Derby-Lewis se vrou het aansoek om sy mediese parool gedoen, het ‘n koerant berig.

Beeld berig die moordenaar se prokureur, Marius Coertze, het gesê sy vrou, Gaye Derby-Lewis, het aansoek om mediese parool gedoen.

Coertze het bygevoeg dat mev. Derby-Lewis die aansoek met die media sal bespreek.

Die provinsiale departement van korrektiewe dienste kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Mev. Derby-Lewis het verlede maand gesê sy sal die dokumente vir die aansoek indien, aangesien haar man aan kanker en gangreen in een been ly.

Mnr. Derby-Lewis (76) is verlede jaar normale parool geweier.

Die parlementslid van die apartheid-era se Konserwatiewe Party is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, sekretarisgeneraal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, in 1993.

Hy het die vuurwapen aan Janusz Walus, wat dieselfde straf uitdien, verskaf.

Beide Walus en Derby-Lewis is aanvanklik die doodstraf opgelê. Hul vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgesit nadat die doodstraf afgeskaf is.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Derby-Lewis-se-vrou-doen-aansoek-om-mediese-parool-20120928

No comments:

Post a Comment